Medicine and Health Sciences
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​​​Studenteondersteunings​dienste​

 

Die Kantoor van die Bestuurder: Studentesake is ʼn sentrale verwysingspunt vir ʼn verskeidenheid steundienste op die Tygerberg-kampus. Die Kantoor se funksie is hoofsaaklik om strategiese koers aan te gee en om die verskeie steun- en ontwikkelingsfunksies wat met studentesake verband hou (­soos koshuis- en gemeenskapsondersteuning, psigososiale ondersteuning en studenteontwikkeling) te koördineer.

 

Steundienste op kampus

Laai die inligtingsboekie oor steundienste op kampus hier af.

INLIGTINGSBOEKIE >


 

​​​​​​​Sentrum vir Studentevoorligting en- Ontwikkeling - Tygerberg

Die Sentrum vir Studentevoorligting en- Ontwikkeling lewer gratis en konfidensiële dienste aan studente by Tygerberg-kampus. Die Tygerberg-kantore is geleë op die tweede vloer in die Tygerberg-studentesentrum (direk bo die gimnasium).

Kliek hier om 'n lys van diesnte af te laai (Engels) >

 

Kampusgesondheid - Tygerberg

Die verpleegkundige staan alle studente te woord vir primêre gesondheidsorgdienste (konsultasie gratis,  kostes betrokke by medikasie). Dienste sluit in primêre gesondheidsorg en behandeling, gesinsbeplanning, immunisasie, reisvereistes, en MIV-toetsing en -berading. Dokters is beskikbaar 2-3 ure per dag van Maandae tot Donderdae. Pasiënte wat die dokter by die resepterende praktyk spreek, betaal die tariewe van die Raad op Gesondheidsorgfinansiers. Studente word nie ontmoedig om die diens te gebruik indien finansiering nié beskikbaar is nie.

Kampusgesondheid is geleë op die 2de vloer, Tygerberg Studentesentrum.

E-pos Sr Rukshana Adams by rukshana@sun.ac.za of skakel op 021 938 9590.

 

Tutor-mentor-program

Die tutor-mentor-program is ʼn studentegedrewe steunprogram aan die FGGW. Lees meer >

 

Vakspesifieke tutoriale steun

Tutoriale steun word aangebied vir modules wat deur die onderskeie programverteenwoordigers as hoë risiko's uitgewys word. Vakspesifieke tutoriale steun vorm deel van die aanvullende ondersteuning deur akademiese eweknieë wat aan studente by die FGGW beskikbaar is. Die FGGW gebruik senior voorgraadse en nagraadse studente as tutors wat óf een-tot-een- óf groep- tutoriale steun oor spesifieke vakinhoud (teoreties óf prakties) verskaf aan studente wat dalk akademies swaar sou trek. Studente kan self by die Administratiewe Beampte om ʼn tutorpos aansoek doen, of die jaarkoördineerders (personeel wat akademiese steun in die onderskeie programme aanbied) kan so ʼn versoek indien.

 

Personeel

Bestuurder: Studentesake | Khairoonisa Foflonker

Me Khairoonisa Foflonker is die Bestuurder: Studentesake op die Tygerberg-kampus. Haar kantoor is ʼn veilige ruimte waar studente hulle bekommernisse oor hulleself, medestudente of personeel kan uitspreek wanneer die aard van die kwessie persoonlik gevoelig is, hulle diskriminasie of teistering vrees, of hulle die aandag wil vestig op ʼn dimensie van die ondersteuningstelsel wat nie doeltreffend funksioneer nie. Die Kantoor betrek studente by probleemoplossing op ʼn manier wat hulle bemagtig, en met die oog daarop om institusionele strukture en prosesse te verbeter.

 

Administratiewe Beampte | Sandra Josias

Die administratiewe beampte verskaf die ondersteuning wat die Kantoor van die Bestuurder: Studentesake op die Tygerberg-kampus benodig. Die posverpligtinge sluit die volgende in:

  • Ondersteun die Kantoor van die Bestuurder: Studentesake sowel as die werwingsbedrywighede van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) deur ʼn mensgerigte diens aan voornemende studente, hulle ouers en die onderwyssektor te lewer, in die belang van die Universiteit sowel as die gemeenskap.
  • Behartig die administratiewe koördinering van die tutor-mentor-program, wat behels om tutor-mentor- (mentut‑)poste te adverteer, mentees en mentuts toe te wys, betalings aan tutor-mentors te administreer en mentee- en mentut-terugvoer bymekaar te voeg.
  • Koördineer die werkstudieprogram, wat behels om vir posaansoeke te adverteer, studente op die Tygerberg-kampus uit te plaas en die maandelikse tydstate te administreer.
  • Koördineer vakspesifieke tutoriale steun, wat behels om vakspesifieke tutors toe te wys aan studente wat tutoriale hulp met sekere vakke nodig het.

 

 

​​»  2018 Inligtingsboekie

 

Vir navrae of om 'n afspraak te maak met die Bestuurder: Studentesake stuur
'n e-pos aan:

tyg_studentsupport
@sun.ac.za

 

Noodnommers >

 

 

ER24 >