Molecular Biology Human Genetics
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Afdeling Molekulêre Biologie & Mensgenetika

​Die afdeling Molekulêre Biologie en Mensgenetika is 'n navorsingseenheid wat toegespits is op hoofsaaklik twee velde, nl. tuberkulose en oorerflike genetiese siektes. Hierdie twee uiteenlopende areas word verenig in die bestudering van die fundamentele biologie van nuklieïensure en genetiese materiaal van beide die mens en ander organisme. Hierdie molekulêre aanslag op die navorsing is gegrond op moderne laboratoriumtegnieke en in samewerking met nasionale en internasionale leiers op die gebied.