Engineering
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Programme

​​​​​​Onderrig in die Fakulteit Ingenieurswese

Die Fakulteit Ingenieurswese het die afgelope jare beduidend gegroei en is 'n belangrike bydraer om die tekort aan ingenieurs in Suid-Afrika te help verlig. Die Fakulteit word gekenmerk deur onderrig van hoë gehalte. Onderrig- en leerprogramme word voortdurend vernuwe om meer doeltreffende leer- en studiegeleenthede te skep.

Die Fakulteit trek 'n groot aantal van die top matrikulante in die land en is trots op die prestasie van sy graduandi. Wat studentesukses betref, is die modulesukses van 85% vir die BIng-graadprogram bo die US-gemiddeld.

Ons BIng-grade is deur die Suid-Afrikaanse Raad vir Ingenieurswese (ECSA) geakkrediteer vir registrasie van gegradueerdes as Professionele Ingenieurs na toepaslike ondervinding in die praktyk. Die grade word ook in die oorsese lande erken wat ondertekenaars van die Washington Accord is, soos Australië, Kanada, Nieu-Seeland, die Verenigde Koninkryk en die Verenigde State van Amerika, om slegs 'n paar te noem.

Die BIng-graad verleen ook gewoonlik direkte toegang tot die volgende vlak van nagraadse studie in ingenieurswese by die meeste buitelandse universiteite. 'n Stellenbosse ingenieursgraad maak dus letterlik die deure oop na die wêreld!


Voorgraadse programme

Die vierjarige BIng-graad wat kan lei tot registrasie as professionele ingenieur:

BIng (Bedryfs)

BIng (Chemies)

BIng (Elektries & Elektronies)

BIng (Meganies)

BIng (Megatronies)

BIng (Siviel)​​

Hierdie programme het 'n gemeenskaplike eerste jaar. Studente kan aan die einde van die eerste jaar nog van rigting verander binne ingenieurswese, indien hul prestasie voldoende is.

 

Nagraa​​dse programme

Nagraadse Diploma in Ingenieurswese

​​NDI

​​

Meestersgrade

MIng (Gestruktureerd) ​

MIng (Navorsin​​g)

​​​​

Doktorale grade

PhD

DIng​