Engineering
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​Vername verskaffer van topgehalte ingenieurs​​

​​

Die Fakulteit Ingenieurswese by Universiteit Stellenbosch is een van Suid-Afrika se vernaamste verskaffers van topgehalte ingenieurs. Die Fakulteit, wat in 1944 tot stand gekom het, word​ gehuisves in 'n groot gebouekompleks wat oor uitstekende onderriglokale en navorsingslaboratoria beskik. Daar is ongeveer 3 8​00 Matie ingenieurstudente waarvan ongeveer 2 900 voorgraads en 900 nagraads studeer.

Die Fakultei​t he​t tans vyf ingenieursdepartemente, te wete: 

Bedryfsingenieurswese

Elektriese & Elektroniese Ingenieurswese

Meganiese & Megatroniese Ingenieurswese

Prosesingenieurswese

Siviele Ingeni​eurswese

Al ons BIng-grade is deur die Suid-Afrikaanse Raad vir Ingenieurswese (ECSA) geakkrediteer vir registrasie van gegradueerdes as Professionele Ingenieurs na toepaslike ondervinding in die praktyk. Die grade word ook in die oorsese lande erken wat ondertekenaars van die Washington Accord is, soos Australië, Kanada, Nieu-Seeland, die Verenigde Koninkryk en die Verenigde State van Amerika, om slegs 'n paar te noem.

Die Fakulteit Ingenieurswese staan op die voorpunt van basiese en toegepaste navorsing en geniet internasionale erkenning hiervoor. Die fokus is op die nuutste en interdissiplinêre navorsing en daarom is daar sterk groei in navorsing en nagraadse programme. 'n Sterk tradisie van samewerking met die industrie word gehandhaaf. Kontraknavorsing en konsultasiewerk word deur die verskillende interne liggame in die vyf departemente uitgevoer.

Die Fakulteit is navorsingsintens en is een van die grootste bydraers tot die navorsingsinkomste van Universiteit Stellenbosch.