Education
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Meer oor ons

​​​​​​​​​​​​​​​​​​Die Fakulteit Opvoedkunde is in 1918 gestig. Dit was een van die eerste fakulteite van die Universiteit van Stellenbosch en is die oudste Fakulteit van Onderwys in die land.

Die Fakulteit bestaan uit vier departemente, naamlik:​

Hierdie inter-dissiplinêre lens stel ons in staat om onderwysvraagstukke uit verskillende perspektiewe te benader, en sodoende ons studente se vermoë om verskillende perspektiewe en oplossings vir uitdagings te oorweeg, te verryk.

'n Aantal gerespekteerde eenhede word ook in die Fakulteit gehuisves, naamlik:

  • Die Sentrum vir Hoër en Volwasse Onderwys (SHVO) wat nagraadse en professionele programme in volwasse en verdere leer aanbied; en
  • Die Stellenbosch Universiteit Sentrum vir Pedagogie (SUNSEP). Die Sentrum fokus op Professionele Leer vir Onderwysers (PLO), Leer Verbetering (LV) en Universiteitsvoorbereidingsprogramme (UVP).

Ongeveer 1500 studente is in die Fakulteit geregistreer. Meer as 2/3's van hierdie studente studeer om onderwysers te word en ongeveer 1/3 is ingeskryf  in gevorderde diploma, honneurs-, meesters-en doktorale programme.​

Vele plaaslike en internasionale akademici en studente besoek die Fakulteit, en indien u nie reeds een van hulle is nie, nooi ons u om by ons aan te sluit

​​​