Education
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Opvoedkunde Biblioteek

​​​​Opvoedkunde biblioteek, Media-biblioteek en ISKEMUS (Inligtingsentrum vir Kinder- en Jeugliteratuur en Media van US)​


Die Opvoedkunde Biblioteek is geleë in die GG Cillié-gebou waar die klasse van die voorgraadse en diploma programme in opvoedkunde aangebied word. Die biblioteek is rolstoel vriendelik. ​Die hoofdoel van die Opvoedkunde Biblioteek is om ondersteuning te bied aan onderrig, leer en navorsing deur hulpbronne en media te verskaf wat benodig word deur die opvoedkunde programme. Die personeel is verantwoordelik vir professionele hulp aan alle voorgraadse opvoedkunde-, sowel as Diploma en Sertifikaat-studente. Nagraadse studente kry ondersteuning by die JS Gericke Biblioteek. ​​Die Opvoedkunde Biblioteek word geadministreer deur Departement Kurrikulumstudie. 


Toegang​Toegangsbeheer vereis 'n geldige US-studentekaart.
Fasiliteite Rekenaars vir soektogte op die biblioteek-katalogus en elektroniese databasisse
Fotokopieermasjien
Klankdigte vertrek
Studieareas/werkspasies
Dienste Uitleen van boeke en ander media vir lesvoorbereiding en projekte (ook beskikbaar tydens skoolbesoeke)
Laminering – A5- tot A2-grootte
Internet- en wifi-toegang is beskikbaar vir Universiteit Stellenbosch personeel en studente geregistreer op die Universiteit-netwerk.   

Biblioteek-oriëntasie en -opleiding: Opleidingsvideo's: http://library.sun.ac.za/en-za/Learning/Pages/howto.aspx

Een-tot-een opleiding beskikbaar: Doen navraag by uitleentoonbank.

Interbiblioteek-lenings
Hulp met inligtingsnavrae en soektogte na relevante bronne
Beperkte skryfbehoeftes beskikbaar, bv. karton, gekleurde papier
Uitleenvoorregte

Voorgraads: Aantal items: 6

UItleenperiode: 14 dae per item

Nagraads: Aantal items: 15

UItleenperiode:  30 dae per item

Hernuwings: 2 per item, tensy iemand anders dit aangevra het. 

Hernu aanlyn of doen navraag by die uitleentoonbank. 

Ingee: By enige van die biblioteke op kampus

Reservering van boeke wat tans uitgeleen is: Gratis en onbeperk. Reserveer aanlyn of vra 'n personeellid.

Materiaal beskikbaar om uit te leen: Alle itemsoorte behalwe waar BELEID aangedui is as “Nie uitleenbaar"

Verlore/beskadigde boeke: Vervangingswaarde betaalbaar aan die biblioteek en Inligtingsdiens

Boetes

Boetes vir laat items: R1.00 per item per dag

Boete-limiet: R30.00 (uitleenvoorregte sal opgehef word wanneer hierdie limiet oorskry word)

​Die media-versameling bestaan uit:​

Boeke Kurrikulum-verwante akademiese materiaal en die Nasionale Kurrikulumverklaring van die Onderwysdepartement
Suid-Afrikaanse skoolhandboeke – Graad R - Graad 12
Prenteboeke – Model skoolbiblioteekversameling met inligting aangebied op skoolvlak

Verwysingsbronne
Die ISKEMUS-versameling van kinder- en jeugliteratuur, insluitend fiksie en nie-fiksie
Kort lenings

Items wat dikwels gebruik word

Uitleenperiode tydens biblioteekure vir gebruik in die biblioteek: 3 ure

Uitleenperiode (buite biblioteekure): oornag (uit 30 min voor toemaaktyd; terug 30 min na oopmaaktyd)

HulpbronnePlakkate, kaarte, aardbolle, modelle, handpoppe, CD's & DVD's
Aanbiedingsmedia Blaaiborde

Personeel

kleinhans_L2.jpg            ​              ​

   Mev Laurinda Kleinhans                          Mev Shinnaz Charles                          Me Sarie Wilbers
   ​​  +27 21 808 2323                                                                                              ​Senior Bibliotekaresse​
     Stuur e-pos​

Diensure Maandag tot Donderdag 08:00‐16:30
Vrydag 08:00‐16:00