Statistics and Actuarial Science
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Voorgraadse Finansiële Risikobestuur

​​​​Hier vind u inligting oor die voorgraadse finansiële risikobestuur program wat aangebied word deur die departement.

Sien die Fakulteit se jaarboek​​ hier vir 'n meer in diepte omskrywing van die verskillende modules.

​BCom (Wiskundige Wetenskappe)

Fokusare: FINANSIËLE RISIKOBESTUUR

Persone met opleiding in Finansiële Risikobestuur, Wiskundige Statistiek en Finansiële Wiskunde word in diens geneem deur groot finansiële instellings as finansiële kwantitatiewe analiste soos onder andere finansiële risikobestuurders, portefeuljebestuurders en finansiële-instrument handelaars. Hierdie opleiding gee studente die nodige agtergrond vir die bou aan stimulerende en finansieel lonende loopbane in die finansiële wêreld.

Eerste Jaar (128 of 136 krediete)

​​Verpligte Modules
Aktuariële Wetenskap​112(8)
Waarskynlikheidsleer en Statistiek​144(16)
Wiskunde​114(16), 144(16)
​Plus
Ondernemingsbestuur​​113(12), 142(6)
Ekonomie​114(12), 144(12)
Finansiële Rekeningkunde​188(24)
Inligtingstelsels​112(6)
​Of
Rekenaarwetenskap​114(16), 144(16)
Ekonomie​114(12), 144(12)
Finansiële Rekeningkunde​188(24)

Ondernemingsbestuur 113(12) en 142(6) word in die tweede jaar gevolg.

Tweede Jaar (136 of 154 krediete)

​​Verpligte Modules***
Aktuariële Wetenskap​274(24) of
​Finansiële Risikobestuur​274(24)
Ekonomie​214(16), 244(16) of
Finansiële Rekeningkunde​288(32) of
​​Operasionele Navorsing​​214(16), 244(16)
​Finansiële Risikobestuur​​212(8), 242(8)
Wiskundige Statistiek​214(16), 245(8), 246(8)
Wiskunde​214(16), 244(16)

*** Indien Rekenaarwetenskap 114(16) en 144 (16) in die eerste jaar gevolg en geslaag is, moet Ondernemingsbestuur 113(12) en 142(6) gevolg word plus die verpligte modules soos hieronder.

*** Waar Ondernemingsbestuur 113 en/of 142 as voorvereistes gelys word, kan die betrokke tweedejaarsmodules eers in die derde jaar gevolg word.

Derde Jaar (144 krediete)

Verpligte Modules
Finansiële Wiskunde378(32)
​Finansiële Risikobestuur​314(24), 344(24)
​Wiskundige Statistiek​312(16), 316(16), 344(16), 364(16)