Gevorderde Diploma in Volhoubare Ontwikkeling
Die verskerpende onderling verwante globale krisisse waarvoor ons te staan kom, verg skeppende en vreeslose oplossings wat deur etiese besluitneming en regeneratiewe leierskap gestuur word. In hierdie tydvak van groot ontwrigting, spanning en verandering – ten goede én ten kwade – raak die behoefte al groter aan entrepreneuriese denkers wat voorstellings van 'n regverdige, volhoubare toekoms kan uitdink en daarstel.
Die Gevorderde Diploma in Volhoubare Ontwikkeling is ontwerp in antwoord op die Kode vir Verantwoordelike Belegging in Suid-Afrika (Eng. CRISA), die opkoms van impakinvestering en Suid-Afrika se verbintenis daartoe om na 'n groen ekonomie oor te skakel.
Ontwikkel jou vermoë om krities te dink, betekenisvol saam te werk en te innoveer met volhoubaarheid voor oë. Of jy jou eie onderneming wil begin, waarde as werknemer wil toevoeg of as konsultant vir sakeondernemings wil optree, hierdie program sal jou help om die nodige vaardighede te bekom om sake-idees op een lyn met CRISA-beginsels te bring en aan die vereistes van impakinvesteerders te voldoen.
Program inligting
'n Uiteensetting met volledige besonderhede van die Gevorderde Diploma in Volhoubare Ontwikkeling is hier beskikbaar.