Industrial Psycholohy
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Persoonlike Bemeestering in Leierskap

Die Departement van Bedryfsielkunde bied ʼn Sertifikaat Program in  Persoonlike Bemeestering in Leierskap aan.

In vandag se besigheidswêreld word leiers deur aansienlike eise in die gesig gestaar, hoë verwagtings en ʼn immer-veranderende omgewing.  Hierdie program sal bestuurders help om ʼn volhoubare leierskap kapasiteit te bou wat vereis word om ʼn effektiewe leier van hul werkspanne en die organisasie te wees.

Die doel van die program is om deelnemers aan ʼn robuuste persoonlike meesterskap-gebaseerde leierskap ontwikkelingsraamwerk bekend te stel.  Na die suksesvolle voltooiing van die program, sal deelnemers gebaat het deur die verkryging van die vermoë om: 

  • Eie leierskapskap sterkpunte en uitdagings te identifiseer deur die self-bewustheid van hul eie leierskap vermoëns, gebaseer op ʼn 360 grade terugvoer van hul eie kollegas
  • Deur self-bewustheid in te win oor die impak van hul persoonlikheidseienskappe, waardes en emosionele intelligensie op leierskapsgedrag
  • Ontwikkel ʼn persoonlike leierskapvisie
  • Verstaan en definieer die boublokke wat vereis word om hul eie persoonlike leierskapvisie te bereik
  • Verstaan en definieer die aksies en kort-, medium- en langtermyn doelwitte om die ontwikkeling van leierskap ontwikkeling areas aan te spreek

Maatskappye sal baat vind deur die positiewe impak van die verbetering in leierskap effektiwiteit van deelnemers in besigheidsprestasie.  Deelnemers sal ook ʼn beduidende toename in motivering, fokus en energie toon.

Gedurende die program sal elke deelnemer ʼn individuele leierskapsontwikkelingsplan ontwikkel wat gemaak-pas is vir elke deelnemer se organisatoriese rol.  Aan die einde van die program sal elke deelnemer sy/haar eie leierskapontwikkelingsplan aan ʼn paneel aanbied, bestaande uit die senior bestuur van sy/haar werksomgewing.

Hierdie program is vir middel en senior vlak bestuurders ontwerp wat hul organisatoriese impak wil verbeter deur meer effektiewe leierskap. Hierdie program word ook op ʼn binnenshuise basis aan individuele maatskappye aangebied en vereis ʼn minimum van 5 deelnemers per maatskappy.

Hierdie kort kursus in Leierskap word op ʼn NKR 7 vlak aangebied en behels ʼn twee-maande program wat bestaan uit 18 werkswinkel-ure, 3 ure individuele afrigting (coaching) en ongeveer 4 ure van opdrag werk.

Na suksesvolle voltooiing van die program ontvang deelnemers ʼn sertifikaat vanaf die Universiteit van Stellenbosch.

Vir meer inligting oor die leierskap program, e-pos asseblief leadership@sun.ac.za of kontak die Departement van Bedryfsielkunde op +27 21 808 3012/3003.