Industrial Psycholohy
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Spesiale Studente Aansoekers

Spesiale student: voorgraads

Studente wat beplan om Bedryfsiekunde of Menslike Hulpbronbestuur op 'n nagraadse graadvlak (honneurs) te volg, sonder Bedryfsielkunde as hoofvak in die Baccalaureus graad, mag aansoek doen. Wanneer u reeds 'n B-graad verkry het, mag u aansoek doen om al/uitstaande Bedryfsielkunde modules in een jaar te voltooi.  Gewoonlik word vrystelling verleen vir Bedryfsielkunde 114.

Nota:  Indien u beplan om voort te gaan met die suiwer Bedryfsielkunde Honneursgraad (lei tot HPCSA registrasie), moet u ander hoofvak óf Sielkunde óf Ondernemingsbestuur wees. 

 Om aansoek te doen kontak Me Coreli Cillie by 021 808 3005 / cmcillie@sun.ac.za

Spesiale student: nagraads

Studente wat moet registreer vir uitstaande modules op honneursvlak (of in uitsonderlike gevalle voorgraadse modules) om voort te gaan met Bedryfsielkunde in nagraadse studies kan  Me Coreli Cillie by 021 808 3005 / cmcillie@sun.ac.za  kontak vir  verdere navrae.

Studente wat nie voldoen aan die toelatingsvereistes vir Toegepaste Sielkundige- en Prestasiemeting en Professionele Etiek vir die  BPsig Ekwivalensie Program (BPEP), kan Me Rahkeenah Peters kontak vir verdere navrae by 021 808 3012 / indpsych@sun.ac.za

Neem asseblief kennis:  beide opsies word slegs aangebied op 'n voltydse basis.

Studente wat voorgraadse modules by UNISA moet aanvul kan die departement skakel by 021 808 3005 / cmcillie@sun.ac.za 

​ ​