Industrial Psycholohy
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Bedryfsielkunde

* Honneurs inligting, gevolg deur Meester's/Magister

​​

BCOMHONS

PROGRAM STRUKTUUR 

 

Modules

Module Kode

Krediete

Semester

Toegepaste Sielkundige- en Prestasiemeting & Professionele Etiek

10744-771

12

2

Arbeidsverhoudinge en -wetgewing 

10387-772

12

1

Honours-navorsingswerkstuk (Bedryfsielkunde)

11344-773

30

Beide

Beroep- en Loopbaansielkunde 

10403-774

12

1

Organisasiesielkunde:  Kontemporêre uitdagings

12942-775

12

2

Psigometrika: Metingsteorie, Toetskonstruksie en Besluitneming

10665-776

12

2

Navorsingsmetodologie

51764-776

12

1

Strategiese Menslike Hulpbronbestuur I

11915-785

12

1

Strategiese Menslike Hulpbronbestuur II

11917-786

6

2

 

KURSUS INHOUDE:
 

Toegepaste Sielkundige- en Prestasiemeting & Professionele Etiek (12) [771]

Teorie-gedrewe assessering, kliniese versus aktuariële besluitnemings reëls, psigometriese assessering voorstelle en verslae , assessering van  intellektuele vermoeë, persoonlikheid, leer-potensiaal, aanleg, belangstelling, leierskap, konseptualisering van werksprestasie, maatstaf meting, gedrags-geankerde beoordelingskale, gedrags-observeringskale, gemengde standaard beoordelingskale, assesseringsentrums, in-mandjies.

APA etiese beginsels van sielkundiges, algemene etiese standaarde, evaluering, assessering en invervensies, reklame en openbare verklarings, terapie, privaatheid en vertroulikheid, navorsing, forensiese werk, oplos van etiese dilemmas, rekord-houding.

Arbeidsverhoudinge en -wetgewing (12) [772]

Raamwerk van arbeidsverhoudinge in Suid-Afrika; arbeidsverhoudinge perspektiewe; vakbonde; rol van die werkgewer; arbeidswetgewing: Wet op Arbeidsverhoudinge; Wet op Basiese Diensvoorwaardes; Wet op Diensbillikheid. 

Honours-navorsingswerkstuk (Bedryfsielkunde) (30) [773]

Die navorsingswerkstuk inkorporeer al die stappe in die navorsingsproses.  Die onderwerp word gekies in samewerking met die studieleier, gevolg deur 'n omvattende literatuuroorsig, en keuse en ontwerp van toepaslike metodologie. 

Beroep- en Loopbaansielkunde (12) [774]

Differensiële sielkunde as onderbou vir bedryfsielkunde, sielkundige kontrak tussen werkgewer en werknemer,  sielkundige optimisering, loopbaan bestuur (self en loopbaan eksplorasie, loopbaan doelwitte en strategieë), loopbaan ontwikkeling, beroepskeuse, organisasie toetrede, vroeë, middel- en laat loopbaan kwessies, integrering van werk en gesin (insluitende dubbele loopbaan gesinne), stres en streshantering in the wêreld van werk, krisis: teorie en intervensie.

Organisasiesielkunde:  Kontemporêre uitdagings (12) [775]

Globale neigings en uitdagings; Motivering in organisasies: geïntegreerde teorieë; organisatoriese geregtigheid; organisatoriese gemeenskapsgedrag; organisatoriese vertroue; organisatoriese leierskap: geïntegreerde teorieë;  organisatoriese kultuur en diversiteitsbestuur; posontwerp; organisatoriese  ontwerp en struktuur; groepe; spanne; span-diagnosering; tegnologie en innovering; organisatoriese ontwikkeling en verandering.

Psigometrika: Metingsteorie, Toetskonstruksie en Besluitneming (12) [10665 776]

Wettige bepalings ten opsigte van sielkundige assessering in Suid-Afrika, professionele registrasie-raamwerk, kliniese versus aktuariële benaderings tot personeel keuring, vaardighede, vaardigheidsmodelle, leer-potensiaal, ontwikkeling en bekragtiging van die keuringsproses, bekragtigings ontwerpe, keuringsontwerpe, Wet op Gelykheid, Wet op die Bevordering van Gelykheid en die Voorkoming van Onbillike Diskriminasie, psigometriese oudits, konstruk verwysende- en kriteria verwysende norme, betroubaarheid, geldigheid, gebeurlikheidstabelle, regverdigheid, nut, toets konstruksie, item-analise.

Navorsingsmetodologie (12) [51764 776]

Doelwitte van Bedryfsielkunde, wetenskap en wetenskaplike navorsing, meta-teoretiese siengings van wetenskap, navorsings inisiërende vrae, teoretisering, strukturele modelle, navorsingsprobleem en navorsingshipotese, konseptualisering, operasionalisering, indekse en skale, eksogene en endogene metingsmodelle, navorsingsontwerp, steekproefneming, statistiese krag, verkennende navorsingstudie, verduidelikende navorsingstudie, beskrywende navorsingstudie, evaluerende navorsingstudie, navorsingsvoorstelle en navorsingsverslae.

Strategiese Menslike Hulpbronbestuur I (12) [785]

Die rol van Menslike Hulpbronbestuur in die funksie om 'n mededingende voordeel te bekom, die omgewingskonteks waarin menslike hulpbronbestuur gepraktiseer word, strategiese menslike hulpbronbestuur,  menslike hulpbronbeplanning, posanalise, werwing, keuring en plasing, beoordeling en prestasiebestuur.

Strategiese Menslike Hulpbronbestuur II (6) [786]

Menslike hulpbron vergoeding, menslike hulpbron voordele, posevaluering, prestasiebestuur, menslike hulpbronbestuur effektiwiteitsmeting.

 

KONTAK BESONDERHEDE

Algemeen:

Mev CM Cillie
Tel: 021-808-3005
E-pos:  cmcillie@sun.ac.za

Adres: 

Departement van Bedryfsielkunde
Universiteit van Stellenbosch
Privaat Sak X1
Matieland
7602

 

MCOM

PROGRAM STRUKTUUR:

Modules

Module code

Credits

Semester

Voorligtingsvaardighede vir die Werkplek 

12945-872

6

Beide

Intermediêre Statistiek en Rekenaargebruik

10550-873

12

Beide

Beroepsgesondheid en -welsyn

10404-874

10

Beide

Organisasieontwikkeling en Verandering

12992-875

10

Beide

Prestasiedisfunksie in die werkisplek

10667-876

10

Beide

Persoonlikheid in die Werksplek

10648-886

10

Beide

​Sielkundige Assessering in Praktyk​14027-876​12Beide​

Professionele Konsultasie en Etiek

12946-881

10

Beide

Strategiese en Etiese Leierskap

10711-882

10

Beide

Tesis: Bedryfsielkunde

11234-871

90

Beide

​Totale Krediete MCom Bedryfsielkunde​180
 
KURSUS INHOUDE:
 

Voorligtingsvaardighede vir die Werkplek (6) [872]

Teoretiese perspektiewe op toepaslike beradingsmodelle vir die gebruik wanneer sielkundige struikelblokke  hanteer word wat 'n impak het op die presatasie in die werksplek en die praktiese toepassing van die toepaslike vaardighede.

Intermediêre Statistiek en Rekenaargebruik (12) [873]

Inleiding tot data-analise via SPSS,  skoonmaak van data, oorsig van beskrywende statistiek, korrelasie- en regressie ontleding, item ontleding, verkennende faktor ontleding, bevestigende faktor ontleding via SEM deur gebruik te maak van LISREL, passing van strukturele models via SEM deur gebruik te maak van LISREL, inleiding tot metings-invariansie studies.

Beroepsgesondheid en -welsyn (10) [874]

Individuele verskille in gesondheid en welsyn in organisasies, verbeter werkenemer se gesondheid deur intervensies, ontwerp van gesonde werk, groep/span en normatiewe invloed op gesondheid en welsyn, anti-sosiale werksgedrag en organisatoriese gesondheid, werknemer hulp-programme (ontwerp, implementering, evaluering), werksplek gesondheidsbevordering, integrering en  toekomstige rigtings, die bestuur van MIV/Vigs in die werksplek.

Organisasieontwikkeling en Verandering (10) [875]

Teoriëe van organisasie-ontwikkeling (OD); die lei en bestuur van verandering; rolle, vaardighede en professionele etiek van OD konsultante; OD konsultering: betreding, kontraktering, Diagnosering, terugvoer en aksieplanne;  individuele, Interpersoonlike en  groepsproses intervensies; organisasie proses-Intervensies; werks-ontwerpIntervensies; werksplek diversiteitsIntervensies; strategiese verandering Interventions; OD gevallestudies; praktiese OD projek.

Prestasiedisfunksie in die werkisplek (10) [876]

Hoekom mense faal in hul werk, 'n sistematiese prestasie-analise tot die oplossing van oneffektiewe prestasie, die ontwikkeling van 'n taksonomie van werk-verwante disfunksie (versteurings in die kapasiteit om te werk   [patrone van onder-verbintenis, patrone van oor-verbintenis, werksverwante angs en depressie, persoonlikheids-disfunksies en werk,  leef-rolle konflik, situasionele verbygaande stres, ander sielkundige relevante werksprobleme], disfunksionele werks-kondisies), diagnose van werksverwante disfunksies, breë areas van werksdisfunksie (werksbehelptheid, stres, uitbranding, onderprestering en vrees vir sukses en -mislukking, prestasieangs en werksverwante depressie, probleme met outoriteit in die werksplek, werk-gesin konflik, wit-boordjie misdaad), prestasie-disfunksie berading.

Persoonlikheid in die Werksplek (10) [886]

Die struktuur van persoonlikheid, persoonlikheid paradigmas  (psigo-analitiese, sosio-kulturele, eienskappe, leer, sosio-biologiese, eksistensiële-humanistiese), integrasie modelle van persoonlikheid, rol van persoonlikheid in werksprestasie en spanwerk, persoonlikheid in persoon-organisasie passing navorsing, ontluikende tendense en behoeftes in persoonlikheidsnavorsing en praktyk.

Sielkundige Assessering in die Praktyk (12) [876]

'n Omvattende oorsig oor sielkundige assessering in praktyk (werksplek) insluitend the mees belangrikste kwessies rondom definisies asook algemene beskrywings van assesserings instrumente.  Kweek van insig rondom die wetenskap van sielkundige meting, asook toetsing en assessering in praktyk (werksplek) so wel as praktiese toepassing van assesserings in verskillende scenario's.

Professionele Konsultasie en Etiek (10) [881]

Die konsultasie proses: inisieer 'n konsultasie; elemente wat verband hou met die inisiëring van konsultasie, bekendstelling en bemarking van 'n konsultasie; organisatoriese toetrede: belangrikheid van organisatoriese toetrede, elemente geassosieer met toetrede; assesering en terugvoering; aksieplanne; intervensies; evaluering; aanvaarding van intervensies deur organisasies; beeïndigng van konsultasie-verhouding. Die konsultant (rolle en style): tipes konsultante, bepaal die gereedheid van organisasies vir konsultasies; impak en teëstand, hantering van teëstand, die intervensieproses, die eerste intervensie, assessering van persepsies, die skep van 'n klimaat vir konsultasie en verandering, formulering van die konsulteringsverhouding, probleme geassosieer met die kliënt-konsultant verhouding. Die konsultant (diagnostiese prosesse): die diagnostiese proses, diagnostiese modelle, data-insameling, probleme geassosieer met organisatoriese diagnoses.

Strategiese en Etiese Leierskap (10) [882]

Rol van strategiese leierskap in organisatoriese effektiwiteit, leier-effektiwiteit, kritiese analise van trait, gedrags- en gebeurlikheidsplan teorieë, charismatiese leierskap, etiese leierskap, leier waardes, transformasionele leierskap, multi-kulturele leierskap, organisatoriese mag en beïnvloedingsprosesse, leierskap in spanne en self-besturende groepe, meting in leierskap, ontwikkeling van leierskapsvaardighede, integrering van leierskapsmodelle, huidige leierskap kwessies in Suid-Afrika, navorsingsprobleme, gevallestudies en projekwerk in Suid-Afrikaanse organisasies.

TESIS (90) [871]

'n Studieleier sal aangewys word gedurende die keursingsproses.

Indien u 'n geregistreerde magister student in die departement is met 'n navorsingskomponent wat op u kwalifikasie van toepassing is, moet u etiese goedkeuring verwerf voordat u navorsing kan begin. Die besonderhede van hierdie proses met die nodige ondersteuning van hul studieleier sal aan alle geregistreerde studente bekend gemaak word.

 

 

KONTAKBESONDERHEDE:

Algemeen:

Mev. CM Cillie
Tel: 021-808-3005
E-pos: cmcillie@sun.ac.za

Adres:

Departement van Bedryfsielkunde
Universiteit van Stellenbosch
Privaat Sak X1 
Matieland
7602

​​​