Industrial Psycholohy
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Menslike Hulpbronbestuur

 

BCOM HONNEURS

 PROGRAMSTRUKTUUR

 

Modules

Module Kode

Krediet

Semester

Honneurs Navorsingwerkstuk (MHB)

12943-773

30

Beide

Arbeidsverhoudingeteorie & -praktyk
(Perspektiewe en Praktyke)

10388-781

12

1

Arbeidsverhoudingeteorie & -praktyk
(Prosesse)

10389-782

12

2

Arbeidsreg 

51829-783

12

1

Organisasiesielkunde: Kontemporêre uitdagings

12942-775

12

2

Navorsingsmetodologie 

51764-776

12

1

Strategiese Menslike Hulpbronontwikkeling

10716-784

12

2

Strategiese Menslike Hulpbronbestuur I

11915-785

12

1

Strategiese Menslike Hulpbronbestuur II

11917-786

6

2

 

KURSUS INHOUD
 

Honneurs Navorsingswerkstuk (MHB) (30) [773]

Die navorsingswerkstuk inkorporeer al die stappe in die navorsingsproses.  Die onderwerp word gekies in samewerking met die studieleier, gevolg deur 'n omvattende literatuuroorsig, en keuse en ontwerp van toepaslike metodologie. 

Arbeidsverhoudingeteorie & -praktyk (Perspektiewe en Praktyke) (12) [781]

Arbeidsverhoudinge perspektiewe, deelnemers in arbeidsverhoudinge  (vakbonde, werkgewers, Saat), arbeidsverhoudinge sisteme.

Arbeidsverhoudingeteorie & -praktyk (Prosesse) (12) [782]

Werknemer deelname, kollektiewe bedinging, onderhandeling, stakings, arbeidsverhoudinge in die organisasie, huidige kwessies en toekomstige ontwikkelinge.

Arbeidsreg (12) [783]

Individuele arbeidsreg: die dienskontrak, kontrakbreuk, terminering van die kontrak, onbillike afdanking, onbillike arbeidspraktyke. Kollektiewe arbeidsreg: kollektiewe arbeidsreg gedefinieer, Arbeidsverhoudinge Wet (inhoud), geskilbeslegting.

Organisasiesielkunde:  Kontemporêre uitdagings (12) [775]

Globale neigings en uitdagings; Motivering in organisasies: geïntegreerde teorieë; organisatoriese geregtigheid; organisatoriese gemeenskapsgedrag; organisatoriese vertroue; organisatoriese leierskap: geïntegreerde teorieë;  organisatoriese kultuur en diversiteitsbestuur; posontwerp; organisatoriese  ontwerp en struktuur; groepe; spanne; span-diagnosering; tegnologie en innovering; organisatoriese ontwikkeling en verandering.

Navorsingsmetodologie (12) [51764 776]

Doelwitte van Bedryfsielkunde, wetenskap en wetenskaplike navorsing, meta-teoretiese siengings van wetenskap, navorsings inisiërende vrae, teoretisering, strukturele modelle, navorsingsprobleem en navorsingshipotese, konseptualisering, operasionalisering, indekse en skale, eksogene en endogene metingsmodelle, navorsingsontwerp, steekproefneming, statistiese krag, verkennende navorsingstudie, verduidelikende navorsingstudie, beskrywende navorsingstudie, evaluerende navorsingstudie, navorsingsvoorstelle en navorsingsverslae.

Strategiese Menslike Hulpbronontwikkeling (12) [784]

Menslike Hulpbronontwikkeling konteks, opleidingsbehoefte analise, ontwerp van opleidingsprogramme, implementering van lewering van opleiding, opleiding evaluering, opstel van 'n werksplekvaardigheidsplan.

Strategiese Menslike Hulpbronbestuur I (12) [785]

Die rol van Menslike Hulpbronbestuur in die funksie om 'n mededingende voordeel te bekom, die omgewingskonteks waarin menslike hulpbronbestuur gepraktiseer word, strategiese menslike hulpbronbestuur,  menslike hulpbronbeplanning, posanalise, werwing, keuring en plasing, beoordeling en prestasiebestuur.

Strategiese Menslike Hulpbronbestuur II (6) [786]

Menslike hulpbron vergoeding, menslike hulpbron voordele, posevaluering, prestasiebestuur, menslike hulpbronbestuur effektiwiteitsmeting.

 

KONTAK BESONDERHEDE: 

Algemeen:

Mev. CM Cillie
Tel: 021-808-3005 
E-pos: cmcillie@sun.ac.za

Adres:  Departement Bedryfsielkunde , Privaatsak X1, Matieland, 7601

​​