Business Management
Welkom by Universiteit Stellenbosch

BCom (Bestuurswetenskappe) met fokusarea Internasionale Besigheid

​​

Waar pas hierdie program in?

Die 4-jaar-BCom (Bestuurswetenskappe) met fokusarea Internasionale Besigheid word deur die Departement Ondernemingsbestuur van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe aangebied. Die program behels onder meer ‘n uitruilsemester aan die einde van die derde studiejaar (studente skryf by ‘n vennoot-universiteit in die buiteland in), ‘n kombinasie van BCom-modules by die Fakulteite Regsgeleerdheid, en Lettere en Sosiale Wetenskappe, en ‘n vreemde taal (Chinees, Duits of Frans) in die tweede jaar.

Waarom die behoefte aan hierdie program?

Hierdie graad voorsien in die behoefte om gegradueerdes te lewer wat rolspelers in die internasionale kennisekonomie kan word. Dié graad berei studente voor om in die internasionale sakewêreld te floreer, danksy kursusse in ekonomie, bemarking, finansies, bestuur, inligtingstegnologie, handelsreg, politieke wetenskap, interkulturele kommunikasie en ‘n vreemde taal.

Wie behoort aansoek te doen vir die program?

Studente wat belangstel in ‘n loopbaan as konsultante of bestuurders in multinasionale maatskappye of internasionale ontwikkelingsorganisasies behoort aansoek te doen.

Wat sal jy leer?

Die modules in hierdie graad dek kundigheid wat verwag word van diegene wat in ‘n loopbaan by ‘n internasionale maatskappy belangstel.

Die modules sluit Ondernemingsbestuur, Ekonomie, Finansiële Rekeningkunde, Inligtingstelsels, Statistiek en Datawetenskap, en Renterekening in. Keusevakke soos Bedryfsielkunde, Filosofie, Professionele Kommunikasie, en Sosiologie verskaf verdere diepte aan die leerervaring.

Jaar 1 (120 krediete)

Verpligte modules

Ondernemingsbestuur 113(12), 142(6)
Ekonomie114(12), 144(12)
Finansiële Rekeningkunde 188(24)
Inligtingstelsels112(6)
Statistiek en Datawetenskap 188(18)
Renterekening152(6)

Keusevakke: modules uit die onderstaande lys om ten minste 120 krediete op te maak

Bedryfsielkunde144(12)
Filosofie114(12), 144(12
Professionele Kommunikasie 144(16)
Sosiologie114(12), 144(12)

Jaar 2 (144 krediete)

Verpligte modules

Ekonomie 214(16), 244(16)
Politieke Wetenskap114(12), 144(12)2

Plus minstens 24 krediete uit een van die volgende vakke (alle modules)

Chinees178 (24) or
Frans178 (24) [188(24) indien die student Frans op Graad 12-vlak geslaag het] of
Duits 178 (24) [188(24) as die student Frans op Graad 12-vlak geslaag het]

Plus minstens 32 krediete uit een van die volgende vakke (alle modules van die vak)

Entrepreneurskap en Innovasiebestuur214(16), 244(16) or
Finansiële Bestuur214(16), 244(16)** or
Bemarkingsbestuur214(16) §, 244(16) §

Plus minstens 32 krediete uit die volgende

Keusemodules

Entrepreneurskap en Innovasiebestuur 214(16) ƒ, 244(16) ƒ
Finansiële Bestuur214(16), 244(16) **
Beleggingsbestuur254(16) **
Bemarkingsbestuur214(16) §, 244(16) §
Sosiologie212(8), 222(8), 242(8), 252(8)

Ƒ Indien studente Entrepreneurskap en Innovasiebestuur 214 en 244 kies, kan hulle nie Sosiologie 212, 222, 242 en 252 kies nie, weens roosterbotsings.

** Finansiële Bestuur 244(16) kan nie saam met die keusevak Beleggingsbestuur 254(16) gekies word nie, weens roosterbotsings.

§ Indien studente die Bemarkingsbestuur-stroom kies, is Bedryfsielkunde 224 verpligtend, en kan in die tweede óf derde jaar geneem word.

Jaar 3 (minstens 132 krediete)

Verpligte modules

Uitruilsemester342(60) [slegs bedoel vir studente wat vir die BCom (Internasionale Besigheid) by die Universiteit Stellenbosch geregistreer is]
Inleiding tot Interkulturele Kommunikasie312(12)
Regsaspekte van Internasionale Besigheidstransaksies312(12)
Bestuur van Korporatiewe Sosiale Verantwoordelikheid312(12)
Politieke Wetenskap222(8)

Plus 1 van die volgende modules wat nie in Jaar 2 geneem is nie

Entrepreneurskap en Innovasiebestuur 214(16) § or
Finansiële Bestuur214(16) or
Bemarkingsbestuur214(16) §

Of minstens 24 krediete van die volgende Jaar-4-keusemodules, op voorwaarde dat studente oor die nodige modulekrediete beskik

Ekonomie318(24)
Entrepreneurskap en Innovasiebestuur318(24)
Finansiële Bestuur314(12) ƒ, 332(12) ƒ
Beleggingsbestuur314(12), 324(12)
Bemarkingsbestuur314(12) §, 324(12) §

Keusemodules (minstens 12 krediete uit die volgende)

Bedryfsielkunde224(16) §
Politieke Wetenskap212(8)
Sosiale Antropologie324(12) ƒ

§ Indien studente die Bemarkingsbestuurstroom kies, is Bedryfsielkunde 224 verpligtend en dit kan in Jaar 3 of 4 geneem word.

Ƒ Indien studente Finansiële Bestuur 314 en 332 kies, kan Sosiale Antropologie nie gekies word nie, weens roosterbotsings.

Jaar 4 (120 krediete)

Verpligte modules

Strategiese Bestuur 344(12)

Plus 1 van die volgende vakke (alle modules) om die fokusarea van Jaar 2 en 3 voort te sit

Entrepreneurskap en Innovasiebestuur318(24), 348(24) or
Finansiële Bestuur314(12)***, 332(12)***, 352(12), 354(12) or
Beleggingsbestuur314(12) 324(12), 344(12), 348(12), 354(12) or
Bemarkingsbestuur §314(12) ƒ, 324(12) ƒ, 344(12), 354(12)

Keusemodules (van die onderstaande lys, om minstens 120 krediete op te maak saam met die modules hierbo)

Ekonomie318(24), 348(24)
Entrepreneurskap en Innovasiebestuur318(24), 348(24)
Finansiële Bestuur314(12)***, 332(12)***, 352(12), 354(12)
Beleggingsbestuurt314(12), 324(12), 344(12), 348(12), 354(12)
Bemarkingsbestuur §314(12) ƒ, 324(12) ƒ, 344(12), 354(12)
Bedryfsielkunde224(16) §
Politieke Wetenskap​
242(8), 324(12) ƒ
Sosiale Antropologie324(12)***

§ Indien studente die Bemarkingsbestuurstroom kies, is Bedryfsielkunde 224 verpligtend, en dit kan in Jaar 3 of 4 geneem word.

Ƒ Indien studente Bemarkingsbestuur 314 en 324 kies, kan Politieke Wetenskap 324 nie gekies word nie, weens roosterbotsings.

*** Indien studente Finansiële Bestuur 314 en 332 kies, kan Sosiale Antropologie 324 nie gekies word nie, weens roosterbotsings.

Meer oor die program

  • Aantal plekke beskikbaar: 100
  • Onderrigtaal: Engels
  • Plek van aanbieding: Alle kontaksessies word gedurende die dag op die hoofkampus van die Universiteit Stellenbosch aangebied, tensy anders aangedui

Toelatingsvereistes

  • Ten minste 70% vir Wiskunde
  • Ten minste 70% vir Engels eerste taal of ten minste 80% vir Engels eerste addisionele taal
  • Ten minste 70% vir enige addisionele taal

Meer besonderhede

  • Programbrosjure: Die brosjure van die Departement Ondernemingsbestuur kan hier afgelaai word. Dit bevat ‘n tabel met al die modules wat in hierdie graad gedek word.
  • Programinligting: Sien al die voorgraadse programme van die Departement Ondernemingsbestuur hier.
  • Sien ook die Kalender van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe hier.
  • Sluitingsdatum vir aansoeke: 30 Junie 2022
  • Kontakpersoon vir navrae oor hierdie program: Morné Daniels by +27 (0)21 808 2392 of mmd@sun.ac.za
  • Waar om aansoek te doen:https://student.sun.ac.za/signup/
​​