Ooreenkomstig ons Missie en Visie, fokus die Departement Sielkunde in ons akademiese en navorsingsprogramme baie sterk op die psigososiale probleme en die bevordering van sielkundige welstand van die mense van die Wes-Kaap, Suid-Afrika, en verder ook in die res van Afrika. Terselfdertyd streef die Departement daarna om internasionale standaarde te handhaaf en om onsself as 'n sterk navorsingsgeoriënteerde instelling te ontwikkel.