MA (INTERNASIONALE STUDIE)
Programstruktuur
Hierdie eenjarige program behels die voltooiing van kursusraamwerk (3 modules) en die afhandeling van
onafhanklike navorsingsprojek in 'n tesis van ongeveer 30000-40 000 woorde. Ideaal gesproke moet die tesis verwant wees aan een van die
kursus fokusareas van spesialisering. Die program beskik oor 'n praktiese vaardigheidskomponent wat die kandidaat toerus om te spesialiseer in die veld van buitelandse beleidsanalise, konflikbemiddeling en vredemaking in Afrika asook globale regeerkunde.
Spesifieke Toelatingsvereistes
ʼn Honneursgraad of gelykwaardige kwalifikasie, soos deur die Senaat goedgekeur, in Politieke Wetenskap of Internasionale Studie of ʼn verwante vak. ʼn Gemiddelde slaagpunt van 65% in die finale jaar van die graad of diploma wat registrasie voorafgaan is ʼn minimum vereiste.
Modules en Krediete
Buitelandse Beleidsanalise (20)
Konflik in Afrika (20)
Politieke Risiko Analise (20)
Tesis (120)
Navrae
Programkoördineerder: Prof PP Fourie
Tel: +27 21 808 2414 E-pos: ppfourie@sun.ac.za
MA (POLITIEKE WETENSKAP)
Programstruktuur
Hierdie eenjarige program behels die voltooiing van kursusraamwerk (3 modules) en die afhandeling van
onafhanklike navorsingsprojek in 'n tesis van ongeveer 30000-40 000 woorde. Ideaal gesproke moet die tesis verwant wees aan een van die
kursus fokusareas van spesialisering. Die program beskik oor 'n praktiese
vaardigheidskomponent wat die kandidaat toerus om te spesialiseer in
die veld van politiek-ekonomiese risiko, beleids- en konflikanalise.
Spesifieke Toelatingsvereistes
ʼn Honneursgraad in Politieke Wetenskap of gelykwaardige kwalifikasie soos deur die Senaat goedgekeur, met ʼn gemiddeld van 65%.
Modules en krediete
Politieke Risiko Analise (20)
Beleidsanalise (20)
Vredes en Konflikstudies (20)
Tesis (120)
Navrae
Programkoördineerder: Prof PP Fourie
Tel: +27 21 808 2414 E-pos: ppfourie@sun.ac.za
MA (TESIS OPSIE)
Programstruktuur
Hierdie eenjarige navorsingsprogram behels die afhandeling van onafhanklike navorsing en die boekstelling van resultate in 'n tesis. Die program kan voltyds of deeltyds gevolg word. Die kandidaat hoef nie in Stellenbosch woonagtig te wees nie, maar gereelde kontak en konsultasies met die studieleier is noodsaaklik.
Spesifieke Toelatingsvereistes
ʼn Honneursgraad in Politieke Wetenskap of gelykwaardige kwalifikasie soos deur die Senaat goedgekeur, met ʼn gemiddeld van 65%.
Tesis
Die tesisonderwerp word geselekteer in konsultasie met die departementele hoof en moet ideaal gesproke verwant wees aan navorsingsvelde van personeellede. Die tesis moet ongeveer 40 000-60 000 woorde in lengte wees.
Alle tesisse word deur interne en eksterne eksaminatore ge-eksamineer.
Navrae
Programkoördineerder: Prof PP Fourie
Tel: +27 21 808 2414 E-pos: ppfourie@sun.ac.za