PhD (POLITIEKE WETENSKAP)
Programbeskrywing
Kode: 44687 – 978(360)
Spesifieke Toelatingsvereistes
ʼn M-graad (of ekwivalent) in Politieke Wetenskap of Internasionale Studie met gevorderde opleiding in Navorsingsmetodologie. ʼn Kandidaat met ʼn M-graad, maar wat nie ʼn navorsingsmetodologie-kursus op honneursvlak geslaag het nie, moet ʼn nagraadse kursus in sosiale navorsingsmetodes aan die Universiteit Stellenbosch volg.
Programstruktuur
Aard van program
Die student skryf ʼn proefskrif (met studieleiding) oor ʼn geselekteerde onderwerp in Politieke Wetenskap of Internasionale Studie. Die doel van die program is om studente te bekwaam om ʼn diepte-begrip van politieke gebeure, prosesse en tendense te verwerf, gebaseer op metodologies verdedigbare en teoreties gefundeerde navorsing.
Verpligte module
44687 : Politieke Wetenskap | 978(360) |
Assessering en Eksaminering
Die proefskrif word geëksamineer ooreenkomstig die Universiteit se bepalings vir eksa- minering van doktorale proefskrifte soos uiteengesit in die afdeling oor nagraadse kwalifikasies in Deel 1 van die Jaarboek.
Navrae
Programkoördineerder: Prof PP Fourie
Tel: +27 21 808 2119 E-pos: ppfourie@sun.ac.za