Toelatingsvereistes: 'n Honneursgraad in Antieke Kulture of 'n ander kwalifikasie wat na die oordeel van die Senaat as gelykwaardig beskou word. 'n Gemiddeld van 65% word vereis.
Die program behels die skryf van 'n tesis wat die resultate van navorsing oor 'n aspek van antieke kulture bevat.
PhD Program in Antieke Kulture
Toelatingsvereistes: 'n M-graad in Antieke Kulture of 'n inhoudelik verwante Magistergraad wat na die oordeel van die Senaat as gelykwaardig beskou word. Kennis van een of meer antieke tale op sodanige vlak as wat deur die navorsingsonderwerp vereis word, word as newevereiste gestel.
Die program behels die skryf van 'n proefskrif wat die resultate van selfstandige en oorspronklike navorsing oor 'n navorsingsprobleem bevat.
HonsBA Program in Antieke Tale
Verdieping van kennis in een van die antieke tale (Bybelse Hebreeus, Grieks of Latyn). Spesialisasie moontlik in (a) Bybelse Hebreeuse of Nuwe-Testamentiese Griekse taalkunde; (b) Bybelvertaling; (c) Nuwe-Testamentiese Griekse letterkunde; (d) klassieke Griekse letterkunde; en (e) Latynse letterkunde.
Toelatingsvereistes: 'n B-graad met een van die antieke tale (Bybelse Hebreeus, 'n ander Semitiese taal, Grieks of Latyn) as hoofvak. 'n Gemiddelde prestasie van 65% word in die hoofvak wat tot nagraadse studie lei, vereis. Studente met 'n ander taal of verwante vak (bv. Antieke Kulture of Bybelkunde) tot op derdejaarsvlak, met Hebreeus, Grieks of Latyn slegs tot op tweedejaarsvlak, kan toegelaat word nadat aanvullende werk gedoen is.
Module-uiteensetting
Teorie, metode en agtergrond
Teks- en Taalstudie I
Teks- en Taalstudie II
Navorsingswerkstuk
MA Program in Antieke Tale
Toelatingsvereistes: 'n HonsBA-graad in Antieke Tale, Bybelse Hebreeus, 'n ander Semitiese taal, Grieks of Latyn, of 'n ander kwalifikasie wat na die oordeel van die Senaat as gelykwaardig beskou word. 'n Basiese kennis van 'n tweede antieke taal word sterk aanbeveel.
Die program behels die skryf van 'n tesis wat die resultate van navorsing oor 'n aspek van antieke tale bevat.
PhD Program in Antieke Tale
Toelatingsvereistes: 'n M-graad in Antieke Tale, Bybelse Hebreeus, 'n ander Semitiese taal, Grieks of Latyn, of 'n ander kwalifikasie (bv. 'n magistergraad in Teologie of Linguistiek) wat na die oordeel van die Senaat as gelykwaardig beskou word. Studente wat nie 'n M-graad in 'n taal behaal het nie moet 'n assessering in die taal waarin hulle wil spesialiseer, deurloop. Indien nodig sal aanvullende werk vereis word. 'n Gevorderde kennis van 'n tweede antieke taal word as newevereiste gestel.
Die program behels die skryf van 'n proefskrif wat die resultate van selfstandige en oorspronklike navorsing oor 'n navorsingsprobleem bevat.