Kongres vir jong navorsers
24 tot 26 Januarie 2024
Dis tyd vir jong navorsers en nagraadse studente om weer in Stellenbosch bymekaar te kom vir ons tweejaarlikse kongres. Gebruik hierdie platform om jou navorsing oor formele taalkunde, letterkunde, en toegepaste taalkunde en taalpraktyk aan te bied.
Rol af om
jou abstrak in te stuur
vir ’n referaat of plakaataanbieding, of om meer oor die kongres uit te vind.
Vrae? E-pos
usanconference@gmail.com vir antwoorde.
Oor jou
Jy is ’n jong navorser wat in die afgelope vyf jaar gegradueer het. Of jy’s ’n nagraadse student wat met ’n PhD- of M-graad besig is. Of dalk is jy ’n afgestudeerde Honneursstudent. Jy wil jou navorsing met jou akademiese eweknieë deel en krediet kry vir al jou harde werk.
Oor die tema
Daar is nie ’n tema nie. Maar jy het werk gedoen in
-
Formele taalkunde
-
Letterkunde
-
Toegepaste taalkunde en taalpraktyk (leksikografie, redigering, taalverwerwing, tolking en vertaling)
en ons wil daarvan hoor.
Aanbiedingsformaat
-
’n 20-minuut-referaat
-
’n Plakkaataanbieding
Aanbiedingstale
Veeltaligheid is ’n goeie wagwoord en jy is welkom om in een van hierdie tale aan te bied
-
Afrikaans
-
Engels
-
Nederlands
-
Xhosa
’n Tolkdiens sal beskikbaar wees.
Stuur jou abstrak in
Stuur jou abstrak of voorstel van 200 tot 300 woorde in. Die sperdatum is 23 Oktober 2023.
Vrae?