Afrikaans & Dutch
Welkom by Universiteit Stellenbosch


Welkom by Departement Afrikaans en Nederlands


Verlede jaar was dit die Departement Afrikaans en Nederlands se eeufeesjaar. Wat hou die volgende eeu in? Volg ons op sosiale media en hou ons nuusblad dop om op hoogte te bly.

Wil jy uitnodings en nuus in jou e-posbus ontvang? Klik op intekenknoppie om jou naam op ons verspreidingslys te sit.


Wat’s nuus?

Wil jy weet watter dinge nog in die Departement aan die gebeur is? Volg ons op sosiale media!



Meer oor ons

Die Departement Afrikaans en Nederlands is 'n uitsonderlik diverse sentrum van vakkundigheid in deurlopende gesprek en samewerking met ander nasionale en internasionale taalgebiede en -professies. Gehalte-navorsing onderlê die uiteenlopende aktiwiteite wat sentreer om die Departement se gevestigde kern, naamlik die studie en onderrig van Afrikaanse en Nederlandse letterkunde, taalkunde en toegepaste rigtings. Daarbenewens lewer die departement ’n besonder wye aanbod van akademiese sowel as praktykgerigte, meertalige opleiding in skeppende skryfwerk, leksikografie, vertaling, tolking en redigering.

Klik HIER om meer oor die geskiedenis van die Departement Afrikaans en Nederlands te lees.



​​​Instagram_Glyph_Gradient_RGB.pngLI-In-Bug.pngTeken in.png