Afrikaans & Dutch
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Ton en Anet Vosloo Leerstoel in Afrikaanse Taalpraktyk

Oor die Leerstoel

Ton_en-Anet_Vosloo-crop.jpg

Die Leerstoel is geskenk deur Ton en Anet Vosloo en is gevestig in die Departement Afrikaans en Nederlands. Hier
die Leerstoel bestaan uit ʼn kundigheidsentrum vir die wetenskaplike studie van vertaling, tolking en revisie/redigering. Die navorsingsfokus is die Afrikaanse taalpraktyk en sodoende help die Departement dus wesenlik om Afrikaans as wetenskapstaal uit te bou. Dit gebeur nie in isolasie binne 'n Afri​kaanse enklave nie, maar binne 'n meertalige omgewing; die Taalpraktyk aan hierdie Departement lei studente ook op in Chinees, Duits, Engels, Frans, Nederlands en Xhosa. Die volgende generasie vakkundiges in die wetenskaplike veld van die  taalpraktyk maar ook die volgende generasie taalpraktisyns word hier opgelei. Die Suid-Afrikaanse gemeenskap as geheel sal baat by die vestiging en verbreding van Afrikaans se voetspoor in die Stellenbosse, nasionale en internasionale gemeenskap.


Ilse Feinauer Vosloo.jpgProf Ilse Feinauer van die Departement Afrikaans en Nederlands in die US se Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe is aangewys as die leerstoelprofessor.

Klik HIER​ vir haar navorsingsprofiel.​​


Ikoon Nuus.png

Ikoon Beurshouers.png

Be​urshouers

Ikoon Leerstoelverslag.png

Leerst​oelverslag



Nadoktorale genootskap: ​Pos beskikbaar

Aansoeke sluit: 18 September 2023
Aanvang van pligte: 1 Oktober 2023

Projektitel

Die Realiteit van Revisie

Navorsingsomvang

Hierdie navorsing is gesetel binne die Taalpraktyk en behels ʼn analitiese beskrywing van die term revisie in die breedste omvang. Dit dek aspekte soos redigering van oorspronklike en vertaalde tekste, die redigering van masjienvertaalde tekste, en die herskryf van tekste in gewone taal. Die nadoktorale genoot sal die geleentheid hê om hulle eie navorsing te doen, maar ook om as lid van ʼn redaksiespan van ʼn boek met die titel The Reality of Revision te werk, en ook om studieleiding op honneursvlak te doen.

Hierdie genootskap is in die Departement Afrikaans en Nederlands gesetel binne die Ton en Anet Vosloo-Leerstoel in Afrikaanse Taalpraktyk. Die suksesvolle applikant sal  ’n vol nadoktorale beurs van die gasdosent ontvang.

Gasdosent

Hierdie projek sal gesamentlik hanteer word deur prof Ilse Feinauer en die suksesvolle kandidaat.

Vereistes

  • PhD (voltooi binne die afgelope vyf jaar)
  • Kennis van redigeer- en vertaalteorie
  • Vermoë om in Engels en Afrikaans te skryf

Aanbeveling

  • Redaksionele vaardigheid

Neem asb. kennis dat nadoktorale genote nie as werknemers aangestel word nie en dus nie werknemervoordele geniet nie. Die nadoktorale beurs is belastingvry.

Aanvang van pligte

1 Oktober 2023 of so spoedig moontlik daarna.

Aansoeke

Dien aansoeke teen 18 September 2023 by aef@sun.ac.za in.  Sluit die volgende by die aansoek in:

  1. ’n Dekbrief wat jou belangstelling in die projek beskryf en stel wanneer jy diens kan aanvaar
  2. ’n Projekvoorstel wat aandui hoe jy tot hierdie projek kan bydra (artikels, hoofstukke vir boekprojek, redaksionele diens, ens.)
  3. ’n CV en publikasielys
  4. Naam en kontakbesonderhede van minstens 3 referente


Ons behou die reg voor om geen aanstelling te maak nie.


Kansellierstoekenning vir navorsing

Prof Ilse Feinauer van die Departement Afrikaans en Nederlands het Maandag 5 Desember 2022 ’n Kanselierstoekenning vir volgehoue uitnemendheid in navorsing ontvang. ’n Maksimum van 15 sulke prestige-toekennings word tydens die Desembergradeplegtighede vir navorsing, innovasie, leer en onderrig, sosiale impak en professionele dienste gemaak.

In haar 40 jaar as akademikus aan die US het prof Feinauer 'n uitstaande navorsingsprofiel opgebou, sowel nasionaal as internasionaal. Sy is een van die stigterslede van die African Society for Translation Studies (ATSA) en is ’n lid van die uitvoerende raad van die European Society for Translation Studies (EST). Haar betrokkenheid by internasionale organisasies en kongresse het daartoe gelei dat die EST-kongres in 2019 in Stellenbosch gehou is – die eerste keer wat dit buite Europa plaasgevind het.

Prof Feinauer bly baie aktief betrokke by plaaslike taalpraktyk en Afrikaanse taalkunde. Sy is die eerste bekleër van die Ton en Anet Vosloo Leerstoel in Afrikaanse Taalpraktyk in die Departement Afrikaans en Nederlands en is die ondervoorsitter van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.


​​