AandtaalklasseDie Departement Moderne Vreemde Tale bied aandklasse aan. Frans, Duits, Mandaryns en Spaans word op beginnersvlak aangebied.
Ongeveer
25 skole - laerskole sowel as hoërskole - asook jeuggroepe in die
groter Khayelitsha-omgewing registreer as deelnemers in die Buya
skole-teaterfees. Die deelnemers bespreek hul teaterstukke tydens
slypskole en word gereeld deur opgeleide fasiliteerders besoek. Dié
fasiliteerders woon oor 'n tydperk van vyf maande die groep se oefeninge
by en gee hulle raad oor hul vordering. Vaardighede word ontwikkel deur
slypskole aan te bied in dramaverwante rigtings soos draaiboekskryf,
dramategnieke en regie, asook die tegniese aspekte soos beligting.
Kontakpersoon: Mnr Johan Esterhuizen

Demokratiese burgerskap opleiding vir sekondêre skool leerders. Die Departement Politieke Wetenskap in samewerking met die plaaslike tak van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) en sommige plaaslike skole het onderneem om jong leerders in graad 11 in die demokratiese proses en hoe om te stem te onderrig. Hierdie leerders het eerstehandse ondervinding oor verkiesing wanneer hulle deelneem aan skyn verkiesings in die Demokratiese Burgerskap Projek, 'n gemeenskapsinteraksie onderneming van die Departement sedert 2010. 'n Liberale Demokrasie, met sy meegaande politieke en burgerlike vryhede, moet deur 'n aktiewe, maar verantwoordelike burgers ondersteun word. Ander akademici van die Departement ook betrokke by die projek is drs Derica Lambrechts en Ubanesia Adams-Jack.
Kontakpersoon: Dr Nicola de Jager
Van
die rade sluit in die Stellenbosch Hospice, die Etiese Instituut van
Suid-Afrika (EthicSA) en die Internasionale Vereniging van Bio-etiek.
Kontakpersoon: Prof Anton van Niekerk
Artikels
wat handel oor kwessies soos toegepaste etiek, Suid-Afrikaanse
politiek, die taaldebat, ens. word dikwels in die hoofstroommedia
gepubliseer. Dié aktiwiteit speel 'n rol dat die Fakulteit en die
Universiteit se beeld as 'n aktiewe rolspeler in huidige debatte
bevestig word en dit bevoordeel die gemeenskap deur te help om openbare
menings te vorm.
Kontakpersoon: Prof Anton van Niekerk
Die
Departement Musiek (Konservatorium) by die Universiteit Stellenbosch
het 'n nuwe konsertreekstruktuur ontwikkel wat tydens die 2008-seisoen
bekendgestel is. Deur dit te doen, sal die Departement aanhou om homself
as 'n sentrum van uitnemendheid op streeks-, nasionale en
internasionale vlak te vestig en sal dit 'n sleutelrol speel om
Suid-Afrikaanse musiek en musikante te bevorder. Die samestelling van
die konsertreeks sal uit sewe bepaalde siklusse bestaan: Die
Prestige-reeks, die Orkesreeks, die Klavierreeks, die Kamermusiekreeks,
die Gewilde reeks, die Koorreeks en die Middagvoorstellingreeks.
Kontakpersoon: Mnr Peter Martens
Rotariërs
Internasionaal is genader om 'n boekversameling vir studente uit
Kayamandi te skenk. Daar is ook ontspanningsleesmateriaal onder
Matie-studente versamel om aan Hoërskool Kayamandi se leesklub te skenk.
Kontakpersoon: Me Hale Tsehlana