Alumni

Bly betrokke

Om jou graad te kry is ’n groot mylpaal, maar beslis nie die einde van die pad nie. Ons wil graag jou reisgenoot bly namate jy in jou loopbaan vorder en nuwe dinge oor die wêreld en jouself ontdek. Alumni van Lettere en Sosiale Wetenskappe en die US is ’n baie spesiale groep mense wat fantastiese dinge in die wêreld doen.

Ons wil jou graag nooi om kontak te behou. Jy besluit hoeveel jy met ons wil deel en hoe en hoeveel jy in die volgende generasie studente van die Fakulteit wil herbelê.

Hier is vier maniere om by die Fakulteit en die Universiteit betrokke te bly:

  • Behou kontak deur ons sosiale netwerke en platforms soos hierdie webtuiste – ’n maklike manier om uit te vind waarmee ander alumni en studente van die Fakulteit hulle besig hou.
  • Neem deel aan die netwerkgeleenthede,, geldinsamelings en gedagteprikkelende paneelgesprekke wat die Universiteit se Afdeling Alumnibetrekkinge aanbied..
  • Bied jou dienste as ’n hubkoördineerder aan en werk deur Alumnibetrekkinge om ’n alumni-hub in jou omgewing tot stand te bring. Hubs is ’n lekker manier om bande met ander alumni te bou. As koördineerder, dien jy as die hoofkommunikeerder tussen jou plaaslike alumnigemeenskap en Alumnibetrekkinge. Vir meer oor alumni-hubs, klik hier.
  • Maak ’n skenking aan die Universiteit deur die alumniskenkingsprogram.

Wil jy dalk op ’n ander manier betrokke raak? Kontak gerus Me Liesl van Kerwel by lek@sun.ac.za en vertel ons wat jy in gedagte het.