Die NNS-evalueringsisteem word gebruik om individue wat die hoogste standaard van navorsing handhaaf, asook diegene wat sterk potensiaal toon as navorsers, te identifiseer deur middel van `n uitgebreide netwerk van Suid Afrikaanse en internasionale eweknieë. Die evaluerings is gebaseer op die kwaliteit en impak van onlangse navorsingsuitsette (oor `n periode van agt jaar).
Die oorhoofse kategorieë is:
A – vir navorsers wat gereken word as wêreld-leiers in hulle veld;
B – vir navorsers wat redelike internasionale erkenning kry deur hulle eweknieë;
C – vir navorsers wat gereken word as gevestig in hulle veld;
Y - vir jong navorsers wat ten tyde van die aansoek ʼn doktorsgraad of ekwivalente kwalifikasie vir minder as vyf jaar beklee;
P – vir jong navorsers met buitengewone potensiaal, wat heel moontlik toekomstige internasionale leiers in hulle veld sal raak.
Toekennings is geldig vir `n periode van ses jaar.
Die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe het tans (2014) 58 NNS-gegradeerde navorsers.
Vir meer inligting oor die Navorsingontwikkelingskantoor by die US, kliek hier.