Hoekom bemarking so 'n onontbeerlike rol speel in wat ons hier doen
Die kennis wat binne die Fakulteit
Lettere en Sosiale Wetenskappe gegenereer word, strek oor ’n
verskeidenheid velde soos visuele kunste, tale, inligtingwetenskap,
geografie en omgewingstudies, asook politieke wetenskap en geskiedenis,
om maar net ’n paar te noem. Deur kennis wat ons versamel het deur ons
navorsing op openbare platforms te deel, maak ons nie net inligting meer
toeganklik vir die algemene publiek nie – sodoende voed ons Jan en
alleman op oor belangrike sosiale kwessies in hierdie land en die
wêreld - maar help ons om ʼn impak op die samelewing te maak deur ook
besluitnemers binne regeringstrukture te beïnvloed.
Die navorsing
wat ons hier onderneem, is van deurslaggewende belang vir die
ontwikkeling van die groter Suid-Afrikaanse samelewing. Vir hierdie
rede, is ons doelwit om navorsing, onderrig en opvoeding, en
gemeenskapsinteraksie te inkorporeer by al die werksaamhede van die
Fakulteit. Voorbeelde van waar laasgenoemde plaasgevind het, kan gesien
word in die projekte en inisiatiewe wat sowel ons personeel en studente
by betrokke is. In 2011 het ’n groep van 12 honneursstudente en
personeellede van die Departement Sosiologie en Sosiale Antropologie,
asook 10 vrywilligers van Avian Park in Worcester, ʼn week spandeer om ʼn
sosio-ekonomiese navorsingsopname te doen onder 220 huishoudings. Danksy
hierdie inisiatief kon die departement die presiese sosio-ekonomiese en
gesondheidsuitdagings bepaal wat hierdie gemeenskap mee te kampe het en
vasstel wie die meeste daardeur beïnvloed word. Die data het getoon dat
die jong mense in Avian Park die meeste deur hierdie uitdagings geraak
word. Hierdie inligting is belangrik aangesien dit benut kan word deur
bestaande projekte in die gemeenskap – sommige daarvan
universiteitsprojekte soos die Ukwanda Landelike Kliniese Skool – of die
basis kan vorm vir nuwe projekte wat op spesifieke gemeenskapsbehoeftes
fokus.
Deur data rakende hierdie tipe projekte te deel – of dit
deur die media, ons eweknieë, die regering of nie-regeringsorganisasies
geskied – is ons in staat om Suid-Afrikaners wat in minderbevoorregte en
behoeftige gemeenskappe woon, hierby te laat baat. Deur sigbaar te bly
in die algemene media, kry ons toegang tot 'n openbare platform wat aan
ons akademiese deskundiges geleenthede bied om kommentaar te lewer oor
belangrike streeks-, nasionale en internasionale kwessies. Hierdie
blootstelling bevoordeel ons fakulteit indirek, aangesien voornemende
voor- en nagraadse studente kan bepaal – deur wat hulle in die media
lees – in watter velde hulle wil spesialiseer deur middel van ons
graadprogramme. Dit op sigself help ons om van die beste voor- en
nagraadse studente in Suid-Afrika en die res van Afrika en oorsee te
werf.
Dit is maar net enkele van die redes waarom kommunikasie
oor wat ons hier doen, meer is as net 'n oefening in bemarking – dit
gaan daaroor om lewens te verander en 'n impak te hê op die
Suid-Afrikaanse samelewing.
Hoe om inligting op die fakulteit se kalender vir seminare en slypskole te laai:
Indien jy enige seminare, slypskole of
kort kursusse vir lede van die publiek, personeellede, studente of
alumni wil adverteer, laai die inligting asseblief eers in Afrikaans en
Engels op dieUniversiteit se webwerf. Sodra jy dit gedoen het, stuur die Engelse en Afrikaanse webadresse aan lynnr@sun.ac.za sodat sy 'n skakel na meer inligting onder die kalender vir seminare en werkwinkels kan plaas.
'n Kennisgewing op die universiteit se webwerf sluit gewoonlik die volgende in:
Naam van geleentheid/titel van seminaar of slypskool: Kindermoord in 'n era van slawerny - Yvette Christiansë bespreek haar roman, Unconfessed.
Datum: 17 Maart 2012
Tyd: 12:00 tot 13:30
Vergaderplek: Kamer 427, vierde vloer, Lettere-gebou
Navrae: Kontak me Lynne Rippenaar-Moses by 021 808 2017 of stuur 'n e-pos aanlynnr@sun.ac.za vir nadere besonderhede of om 'n sitplek te bespreek.
Media en bemarkingsnavrae
Vir enige media en bemarkingsnavrae of as jy 'n spesifieke deskundige in ons fakulteit wil raadpleeg, kontak asseblief:
Me Lynne Rippenaar-Moses (Bemarkingsbeampte)
BTech (Joernalistiek) (CPUT); BAHons (Engels) (UWK)
Bel: 021 808 2017
Faks: 021 808 2123
E-pos
Personeellede
wat hulp nodig het met die bemarking van geleenthede (byvoorbeeld
konferensies, slypskole of seminare), wat graag interessante nuus van
hul departemente wil deel of wat advies nodig het oor bemarking en
mediaverwante sake, kan ook met me Moses skakel.