Arts & Social Science
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Fakulteitsprofiel

Statistieke profiel


Die fakulteit bestaan uit 18 departemente wat die drie breë dissiplinêre groepe, naamlik Kuns, Tale en Sosiale Wetenskappe verteenwoordig, en huisves 10 sentrums.

In 2014 het ons het 3 347 ingeskrewe voorgraadse studente, 1 485 nagraadse studente en 386 spesiale studente (hierdie is studente wat net inskryf vir 'n module en nie 'n volle graad nie)​ gehad. Ons personeel bestaan uit 183 akademiese en 94 ondersteunende personeellede. Die fakulteit stel 'n hoë premie daarop om 'n spasie te skep waar die diversiteit van mense en idees kan floreer. Dit help ons ook om verskeie navorsingsvelde in ons omgewing verder te ontwikkel. Ons fokus dus daarop om personeellede aan te stel en studente toe te laat wat 'n bydrae kan lewer om ons doelwit om 'n diverse omgewing waar alle vorme van kennis kan ontwikkel en gedy, te bevorder. 

Vir meer inligting oor studente- en personeelgetalle sowel as demografiese faktore, verwys asseblief na die Universiteit se Feiteboek.