Studente
word in hul vierde jaar van studie vir 'n volle jaar by
welsynsorganisasies geplaas as deel van 'n geïntegreerde plasing in
gevallestudie, groepwerk, gemeenskapswerk en maatskaplike
werk-administrasie. Maatskaplike Werk Praktiese Opleiding 488 is 'n
volledige diensleermodule in die Maatskaplike Werk-kurrikulum.
Kontakpersoon: Me Rochelle Williams
Schola Cantorum-koorseminare
Seminare
met slypskole, lesings, meestersklasse, oop besprekings en konserte op
verskillende vlakke vir koorleiers, sangers, komponiste en
administrateurs. Hierdie slypskole word jaarliks vir drie tot vyf dae
per keer aangebied. Kore en koorleiers kan verdere slypskole op 'n
individuele basis aanvra.
Kontakpersoon: Dr Rudolf de Beer