Arts & Social Science
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Fakulteit

​​Welkom by ons Fakulteit

Die tempo van ontwikkeling het so toegeneem oor die laaste paar dekades dat dit beraam word dat alles wat ons vandag weet slegs een persent sal uitmaak van die wêreld se totale poel van kennis oor 20 jaar.

Om die waarheid te sê, 'n hele nuwe kennisgebaseerde samelewing en ekonomie het te voorskyn gekom en dit is gedurig besig om te verander. Dit beteken die werknemer van die toekoms sal gedurende sy/haar loopbaan tot sewe of agt keer van werk verander en moontlik aftree uit 'n loopbaan wat dalk nog nie eers bestaan nie. Universiteite speel 'n belangrike rol in die proses om kennis te genereer, veral in 'n ontwikkelende land soos Suid-Afrika.

Die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe is ten volle bewus van hierdie uitdagingen streef deurlopend daarna om deur middel van sy onderrig en leer, navorsing, gemeenskapsinteraksie en bestuurstrategieë 'n betekenisvolle bydrae tot die kennisgebaseerde samelewing en ekonomie in Afrika te maak. Kyk gerus rond op ons webwerf en sien hoe ons kan help om jou vir die werkmark van die toekoms voor te berei.​

​​​