Genetics
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Genetika

​​​​​2​14 (16) Inleidende Genetika (3L, 3P)

Deel I: Beginsels van Oorerwing

Molekulêre basis van genetiese diversiteit en oorerwing; die selsiklus; mitose en meiose; chro​​mosome, gene en oorerwing; Mendeliese genetika; koppeling en oorkruising van gene op ʼn chromosoom; koppelingsanalise en chromosoomkartering; geslagsbepaling en geslagschromosome; afwyking van chromosoomgetal;​chromosoomstruktuur en fenotipiese effek.

Deel II: Populasiegenetika

​Inleiding tot populasiegenetika; genetiese verskeidenheid in popula​sies; genotipe- en alleelfrekwensies; die Hardy-Weinberg-beginsel; kwantitatiewe genetika en oorerflikheid.

S Biologie 124 of 144 of 154​

V Wiskunde (Bio) 124 of Wiskunde 114 of 144

Module koördineerder: Prof R Roodt-Wilding

Dosente: Dr NW McGregor, Dr C Rhode, Mev JA Vervalle, Prof R Roodt-Wilding


215 (16) Inleidende Mikrobiese Biotegnologie (3L, 3P)

Biotegnologie is ʼn toegepaste wetenskap, daarop gemik om biologiese sisteme en organismes te benut. Biotegnoloë gebruik dus hul kennis van biologiese sisteme om produkte te vervaardig of om dienste te lewer. Hierdie module lei die student in tot mikrobiese biotegnologie deur op die belangrikste aspekte van eerste- en tweedegenerasie- mikrobiese biotegn​ologie te fokus. Temas wat behandel sal word sluit in bioprospektering, fermentasie en bioreaktore, mikrobiese metaboliese weë vir respirasie en fermentasie, produksie van bakkersgis en enkelselproteïene, die bier- en wynmaakprosesse, produksie van bio-etanol en die verskaffing van belangrike farmaseutiese middels en ensieme.​​

Module koördineerder: Dr PN Hills

Dosente: Prof WH van Zyl, Prof FF Bauer, Prof A McLeod, Dr DD van Niekerk


​244 (16) Inleidende Molekulêre Biologie (3L, 3P)

Die biologie van die molekule van die lewe. Die struktuur van dubbelstring-DNS; die prosesse van replisering en rekombinasie van DNS; die ontsyfering en aard van die genetiese kode; die prosesse van transkripsie en translasie; proteïenstruktuur en funksie; die regulering van geenuitdrukking in pro- en eukariote; DNS-mutasies; DNS-herstel en transponeerbare elemente; die konstruksie en analise van DNS-klone; die toepassings en etiek van rekombinante DNS-tegnologie; inleiding tot bio-informatika.

V Genetika 214

​Module koördineerder: Prof JT Burger

Dosente: Prof JT Burger, Mej M Engelbrecht, Dr C van der Vyver, Dr PN Hills, Dr SW Peters


245 (16) Inleidende Plant en Dier Biotegnologie (3L, 3P)

Hierdie module volg op die Genetika 215-module en stel studente bekend aan eerste- en tweedegenerasie-biotegnologie in eukariotiese sisteme, insluitende plante, diere en die mens. Eerstegenerasie-biotegnologie behels die gebruik van organismes/biologiese sisteme soos hulle is, bv. ekstrahering van farmaseutiese produkte uit plante. Daarenteen verskuif die fokus in tweedegenerasie-biotegnologie na die gebruik van meer gespesialiseerde tegnieke soos bv. in vitro propagering, mutagenese en teling. Temas wat behandel sal word, sluit in akwakultuur, akwatiese bioremediering, akwatiese bioprosessering, embriogenese, ondersteunde reproduksie  en embrio manipulasie, sel- en weefselkulture vir beide plant- en diersisteme, mikropropagering, en die identifisering, karakterisering en produksie van waardevolle natuurlike produkte en farmaseutika in plante.

Module koördineerderDr C Rhode

Dosente: Dr LJ Rose, Dr C Rhode, Dr C van der Vyver, Dr JR Lloyd, Prof A Viljoen


314 (16) Genome en Genoomanalises (3L, 3P)

Die module fokus op die organisasie, struktuur en funksionaliteit van genome en dek die volgende aspekte: Genoomstruktuur, genoomorganisasie, genoomfunksie en metodes vir die bestudering van genome. Chromosoomstruktuur en -organisasie word ook behandel. Ander komplementêre temas sluit in: Inleidende Bio-informatika vir die bestudering van genome; chloroplast en mitochondriale genome; genoommodelle; genetika van ontwikkeling. 

Buigsame assessering

S Genetika 244

​Module koördineerder: Prof AM Botha-Oberholster

Dosente: Prof AM Botha-Oberholster, Dr JC Truter, Mnr NFV Burger


315 (16) Gevorderde Biotegnologie (3L, 3P)

Hierdie module fokus op die belangrikste aspekte van derdegenerasie-biotegnologie. Derdegenerasie-biotegnologie kan ook as molekulêre biotegnologie omskryf word en die temas wat behandel word sluit in genetiese vingerafdrukke en molekulêre forensiese ondersoeke, molekulêre diagnostiese tegnieke, genetiese manipulering, geenterapie, bioprosessering, metabolietmanipulering (geïntegreerde metabolisme), bio-informatika en wiskundige modellering van biologiese sisteme, toegepaste “- omics” en nanobiotegnologie.

S Genetika 215 en 245

Module koördineerder: Dr SW Peters

Dosente: Prof MA Vivier, Prof FF Bauer, Dr B Loedolff, Dr PN Hills, Dr SW Peters

324 (16) Molekulêre Populasiegenetika (3L, 3P)

​Die genetiese str​​​uktuur en dinamika van populasies; frekwensie van gene en genotipes; genetiese polimorfismes; vryparing en die Hardy-Weinberg-beginsel; faktore wat genetiese verandering en genetiese ewewig bepaal: Mutasie, migrasie, seleksie en populasiegrootte; koppeling-onewewigtigheid; heterosigositeit in onderverdeelde populasies; bepaling van genetiese verwantskappe tussen populasies; implikasies vir genetiese identifikasie (DNS-tipering).​

Buigsame assessering

S Genetika 214

N Genetika 244

Module koördineerder: Dr AE van der Merwe

Dosente: Dr AE van der Merwe & Dr C Rhode


344 (16) Gevorderde Onderwerpe in Molekulêre Genetika (3L, 3P)

Verskeie gevorderde onderwerpe word in die module aangespreek en sluit in: DNS-merkers en -toepassings in kartering van gene betrokke by genetiese siektes; diagnostiese toepassings in mensgenetika; merkerbemiddelde seleksie in plante- en diereteelt, DNS-vingerafdrukke en forensiese wetenskap; toepassings uit genoomprojekte; persoonlike medisyne en farmakogenetika; epigenomika; genetiese modifisering; kanker en apoptose; geenterapie; genetika van gedragskenmerke.

Buigsame assessering

S Genetika 244

Module koördineerder: Prof JT Burger

Dosente: Prof JT Burger, Dr AE van der Merwe, Dr NW McGregor, Dr BJ Koehler van Asch


345 (16) Ekonomiese en Wetsaspekte van Biotegnologie (3L, 3P)

Hierdie module is spesifiek daarop gemik om die biotegnologiestudent bekend te stel aan die nie-biologiese (nie-natuurwetenskaplike) aspekte van biotegnologie. Studente sal onder andere te doen kry met konsepte soos die generering en ontwikkeling van kreatiewe idees, entrepreneurskap, marknavorsing, lewensvatbaarheid-studies, die daarstelling van ʼn sakeplan, finansiering, winsgewendheid, die Suid-Afrikaanse regstelsel, intellektuele-eiendomsreg, patente, plantetelersregte, handelsmerke en outeursregte, lisensie-ooreenkomste, regulatoriese beheermaatreëls en voorvereistes t.o.v. navorsingspraktyke en GMO’s, goeie laboratoriumpraktyk, kwaliteit-sisteme en projekbestuur in ʼn navorsingsomgewing.

Module koördineerder: Dr PN Hills​​

Dosente: Dr S Groenewald, Dr PN Hills, Mev  A Brand, Dr SW Peters


354 (16) Kwantitatiewe genetika (3L, 3P)

Kwantitatiewe kenmerke en kontinue variasie; komponente van fenotipiese en genetiese variansie; ooreenkoms tussen verwantes; beraming van oorerflikheid en teelwaarde; seleksiemetodes en genetiese verbetering; gekorreleerde kenmerke; seleksie vir meer as een kenmerk; beginsels van merker-bemiddelde seleksie; kartering en karakterisering van kwantitatiewe kenmerklokusse.

Buigsame assessering

V Genetika 324

V Biometrie 211 of 212

​Module koördineerder: Mnr WC Botes

Dosent: Mnr WC Botes