Forestry & Wood Science
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Nagraadse Studente

​​​

​​​​​"Ons laat groei die mense wat die bome laat groei"

Prof Bigalke​

PhD

Adefemia.jpg

​​Adefemi A. Alade 

Femi, soos sy vriende hom noem, kom van Ekiti-staat in Suidwes-Nigerië en studeer vir 'n PhD in Houtprodukkunde. Sy navorsing fokus op die formulering van effektiewe natuurlike produkgebaseerde preserveermiddels uit bio-afval vir houtbeskerming. Dit is daarop gemik om die gesondheids- en omgewingsimpakte wat met gevaarlike chemiese houtbeskermings geassosieer word, te verminder. Hy poog om, deur middel van sinergie en wysiging, die houtbewarings potensiaal van lignien en uittreksel uit sitrusvrugskil wat industriële gegenereer word as ongewenste materiale in die pulpproses van papiermaak en vrugtesapverwerking, te verbeter.

Promotor: Dr Luvuyo Tyhoda​

Claudio.jpg

Cláudio Cuaranhua

Cláudio Cuaranhua is n Mosambiekse burger, gebore in die noord-sentraal provinsie, Zambézia.

Hy is 'n bosbou ingenieur van Eduardo Mondlane Universiteit en het ook 'n MSc in Bosbou van die Federale Universiteit van Parana in Brazil.  Hy werk reeds vanaf 2005 as navorsingsassistent en Bosboubestuurder by die Machipanda Agrobosbou sentrum in Cefloma, Mosambiek.

Huidiglik is Claudio besig met sy PhD in Bosbou en Natuurlike Hulpbronbestuur in die veld van Groei en Opbrengs modulering.  Sy navorsing fokus op die verbetering van die bosgroei model, 3-PG, sodat dit die funksie het om onreelmatige plotte van Eucalyptus grandis x urophylla hibriede langs 'n watervoorsienings gradient in Zululand te simuleer.  Die PhD word befonds deur die Dept van Bos en Houtkunde met fondse vanaf SASSCAL.

Promoters: Prof. Thomas Seifert, Prof. Ben du Toit en Dr. Mark Gush (CSIR- Natuurlike hulpbron en Omgewingseenheid)

deandacosta.jpg 

Dean da Costa

Dean is in Bulowayo, Zimbambwe gebore en het in 1982 na Suid-Afrika verhuis. Hy is die seun van 'n Portugese ouers van Suid-Afrikaanse Ierse afkoms. Hy het van 1983 tot 1985 Saasveld Bosboukollege bygewoon en 'n diploma in Hortologie by Technikon RSA en n BSc by UNISA voltooi. Hy het ook sy MSc op hidroponiese stelsels in boskwekerye aan die Universiteit van Natal verwerf.  Daarna was hy 34 jaar in diens van Mondi, waar hy nou as Tegniese Bestuurder van Boskultuur optree. Hy geniet dit om boeke van militêre geskiedenis te lees, het 'n groot belangstelling in tuinbou in sy baie vorme en het ook belangstelling in klassieke motors en vliegtuie.
Die titel van sy proefskrif is: Die interaksie tussen die terrein, oesresiduebestuur en plantvoorraadkwaliteit op Eucalyptus-oorplanting oorlewing, groei en uniformiteit in Kwazulu-Natal, Suid-Afrika.

Promotor: Prof Ben du Toit

JustinErasmus.jpg

Justin Erasmus

Justin is oorspronklik van Kaapstad en het n BSc en MSc graad in Houtkunde.  Die doel van sy PhD is om 'n modelleringsraamwerk te ontwikkel wat die meganiese eienskappe van hout met die groeiprosesse van 'n boom verbind. Die uitkoms van die studie sal ons begrip van die houtvormingsproses verbeter en sal help met besluitneming in bosbestuur.

Promotors:  Dr Brand Wessels en Dr David Drew

PhillipFischer.jpg

Phillip Fischer

Philip is n Suid-Afrikaanse student, gebore en geskool in die Hoëveld van Mpumalanga.  Na skool het hy eers 'n paar jaar in Europa gaan werk waarna hy sy BSc en MSc grade op Stellenbosch voltooi het.  Tans is hy werksaam as grondbestuur navorsingsbeampte vir Sappi in Ngodwana, 'n klein dorpie in die Elandsvallei, ongeveer 40km vanaf Mbombela. 

Sy werk fokus daarop om te verstaan hoe kommersiële bosbouklone groei en interakt onder mededingingstoestande en hoe die interaksie die finale opbrengste in plantasies beïnvloed.

Promotor: Dr David Drew

Kambani.png

Chrispin Kambani-Banda

Chrispin Kambani Banda is van Malawi en is ʼn lektor by Lilongwe Universiteit van Landbou en Natuurlike Hulpbronne. Hy studeer tans vir 'n PhD in Bosbou en Natuurlike Hulpbron Bestuurswetenskappe.  Sy navorsing fokus op die dinamika van bestuur in die Nyika oorgrensparke in Noordelike Malawi. Die doel is om te ondersoek in watter mate die bestaande regering van Nyika TFCA betrokke is in volhoubare natuurbewaring en om plaaslike deelname te verhoog.

Promotor: Prof M Jacobson en Prof P Chirwa.

IanKotze.jpg

Ian Kotze 

Ian is tans werksaam in Stellenbosch by die Landbou Navoringsraad vir Grond, Klimaat en Water. Hy het reeds sy BSc in boskultuur en MSc in Natuurbewaring  by Maties verwerf. 

Sy werk fokus op grootskaalse plantkundige opnames met klem op indringerplante.

Promotor: Prof Thomas Seifert

 

Werner Mbongo _ Picture 06_2017_SU.jpg

Werner Mbongo

Werner is van Namibie met 'n BSc graad in Bosbou van die Universiteit van Namibie.  Hy het sy MSc graad in Bosbou-Ekologie en Bestuur van Freiburg Universiteit in Duitsland verwerf (2006-2008).

Hy het sedert 2001 saam met en vir die Namibiese direktoraat van Bosbou gewerk, onder meer om die vestiging van gemeenskapswoude te fasiliteer en te ondersteun.  Hy het ook saam met GIZ (German International Development Agency) gewerk as spesialis hulpbron bosbouer asook as tegniese en navorsingskundige in die projekte: 1) Biodiversiteit en Volhoubare grondbestuur en 2) Geintegreerde Water Hulpbronbestuur, in samewerking met die Namibie Ministerie van Omgewing en Toerisme, Landbou, Water en Bosbou (2007-2010)

Werner werk tans sedert 2011 as a navorsingsassistent vir die Suidelike Sweedse Bosbou Navorsingsentrum van die Sweedse Universiteit van Landbouwetenskappe in Swede.

Sy PhD projek fokus op n verbeterde begrip van die groeidinamika van die Zambezi-Baikiaea woude, met spesifieke klem op Burkea Africana en Pterocarpus angolensis.   Die doel is om groei inkremente en voortplantingsreaksies op sekere boskultuur ingrypings, hoofsaaklik dunning, te bestudeer mbv eksperimente wat gevestig is in Kanovlei, Hamoye Staatsbos en Okongo Gemeenskapsbos in Namibie.  Die projek streef daarna om te verstaan hoe bosoppervlak groei en voortplanting in die Zambezi-Baikiaea woude verskil van oppervlakdigtheid langs dunning intensiteitsgradiente. 

Werner word gedeeltelik befonds deur Department Bos en Houdkunde  se SASSCAL projek.

Promotors: Prof. Ben du Toit en Prof. Magnus Löf (Suidelike Sweedse Bosbou Navorsingsentrum)

SinzanoNjameli.jpg

Sinazo Njamela 

Sinazo is gebore en het grootgeword in Middeldrif, 'n klein dorpie in die Oos-Kaap provinsie van Suid-Afrika. Sy het 'n BSc and BSc- honeurs graad in Chemie van die Fort Hare Universiteit. Sy het ook n MSc in Houtprodukkunde van die Universiteit van Stellenbosch.  Sy is tans werksaam by Sappi Saiccor in Umkomaas en doen deeltyds haar PhD. 

Haar studie fokus op die verbetering van huidiglike reaktiwiteits-toetsmetodes.  Die uitkoms van die studie sal verklaar hoekom daar verskille is in die uitkomste van sekere toetsmetodes op verskeie pulpoplossings. Dit sal ook help om die korrelasie te bepaal tussen die vinnige reaktiwiteits-toetsmetodes, die standaard viskose reaktiwiteitsassessering en die oplosmassa.

Promotors: Dr. L. Tyhoda en Dr. Tracy Wessels van Sappi

OlafOlaywola.jpg

Olayiwola Hamed Olafiku

Olayiwola Hamed Olafiku is van Ibadan, Nigerie, die grootste stad in die weste van Afrika.  Hy het sy BSc en MSc grade in Houtproduk-Ingenieurswese verwerf aan die top Universiteit van Ibadan in Nigerie.

Sy strewe om alternatiewe groen boumateriaal te vind het aanleiding gegee tot sy PhD studie  in Houtprodukkunde by die Universiteit van Stellenbosch. Die gebruik van konvensiele boumateriaal vereis baie energie en die vervaardigingsprosesse veroorsaak die vrylating van kweekhuisgasse (GHGs) wat die globale koolstofvlakke verhoog. Hamed se navorsing fokus op die vervaardiging van lae-koste boumateriaal deur houtvesels (van uitheemse indringerspesies) en landbougewas afvalstowwe te inkorporeer met geo-polimeriese matrikse wat vervaardig is van verskeie industriele afvalstowwe.

Promotor: Dr. Luvuyo Tyhoda

Uisso.png

Amani Uisso

Amani is n navorser van Tanzanie met 'n BSc en MSc graad in Natuurlike Hulpbronbestuur van die Univ van Dar Es Salaam.  Sy navorsing fokus op die verband tussen dorpsdeelnemende grondgebruiksbeplanning, bosbestuur en bewaringsmaatreëls onder REDD+ (Reduced Emission from Deforestation and Forest Degradation). Die navorsing sal bydrae tot die beter begrip van hoe die samelewing se persepsies en deelname gekanaliseer kan word om die voortbestaan en ontwikkeling van die REDD+ inisiatief en ander verwante nie-koolstof voordele in die Kilosa-distrik van Tanzanië, te verseker.

Promoters: Prof Paxie W. Chirwa and Dr Pierre Ackerman

 

MSc

 

SizweGonya.jpg

Sizwe Gonya 

Nkosinamandla is oorspronklik van Estcourt in Kwa-Zulu Natal.  Hy het in 2016 sy BSc graad in Hout en Houtprodukkunde aan die Univ van Stellenbosch verwerf. Hy is tans besig met sy MSc in dieselfde studierigting.

Tema van navorsing: Bestudeer die krimp en ineenstorting profiel van Eucalyptus grandis oor die wydte en hoogte van die boomstam en die verhouding daarvan tot die basiese boom- en houtseienskappe.

Hy hoop om die krimp en insak probleem (dimensionele instabiliteit) wat na droging van Eucalyptus grandis ervaar word , aan te spreek deur die dele van die boomstam met soortgelyke eienskappe saam in planke te gebruik. Sodoende kan die snelgroeiende boom se hout gebruik word vir strukture.

Studieleier:  Dr Brand Wessels

Jesse Favis1.png

Jesse Favis



Studieleier: Dr Brand Wessels

Hleni Heita

Hleni Heita is van die Noordweste van Namibië

Haar MSc navorsing fokus op die voortplanting van geselekteerde inheemse spesies van Namibië met behulp van weefselkultuur tegnieke. Die studie ondersoek die potensiaal om inheemse bome to ontkiem met behulp van weefselkultuur, omdat die droë bosveld tans ontgin en benut word op 'n skaal wat volhoubaarheid bedreig.  Hleni  ontwikkel alternatiewe prosedures om voortplanting van hierdie bedreigde boomspesies te steun. 

 Studieleier: Me Hannel Ham


Malinga.png

Sthee Malinga

Sithembile is van Jozini, n klein dorpie in Kwazulu-Natal.  As gevolg van haar liefde vir genetika, fokus haar navorsing op die genetiese invloedop die kouebestandheid  in hibriede van P.patula x P.tecunumannii (herkomste van hoog- en laagliggende gebiede)  wat geteel is deur beheerde bestuiwing. Op grond van hierdie resultate sal sy die beste teëlstrategieë vir toekomstige hibried- teelprogramme kan bepaal.

Studieleier: Me Hannel Ham en dr André Nel

mngomezulu.jpg

Lehlohonolo Mngomezulu

Lehlohonolo Mngomezulu is oorspronklik van Lesotho. 

Hy is tans besig met sy tweede jaar as meesterstudent in Houtprodukkunde.

Sy navorsing behels 'n in-diepte studie oor die invloed van vulmateriaal op die eienskappe van fosfaatverbinde saamgestelde panele.

Studieleier: Dr Luvuyo Tyhoda

LebogangMphalele.jpgLebogang Mphahlele
PaulMwansa.png

Paul Mwansa

Paul is van die Mwinilunga Distrik in Zambië. Hy is besig met sy eerste jaar in die program vir MSc Bosbou- en Natuurlike Hulpbronne.

Sy studie is om die effek van 'n brandversteuring op natuurlike verjonging van Miombo boomspesies te ondersoek op 'n reënvalgradiënt vanaf Zambië tot Namibië. Die studie sal gedoen word in die Staatsbosse van Namibië en Zambië.

Studieleier: Prof. Ben du Toit en Me Vera de Cauwer (Namibië)

Mulalo.jpg

Mulalo Charmaine Munarini

Mulalo Charmaine Munarini is gebore in die Koninkryk van Vhavenda in Limpopo provinsie en het in 2014 na Kaapstad verhuis.

Sy is tans besig met haar MSc in Bosbou en Houtprodukkunde.  Haar navorsing fokus op 'n konseptuele raamwerk vir betalings van omgewingsdienste in Suid-Afrikaanse plantasies: 'n NCT gevallestudie.

Studieleier:  Mnr Cori Ham

Ashleeprins.jpg

Ashlee Prins

Ashlee is gebore en getoë in Kaapstad.

Sy het haar BSc in Houtprodukkunde voltooi en is tans besig met haar MSc. Die doel van haar studie is om n nie-vernietigende voorspellingsmetode vir die evaluering van sekere Eucalyptus eienskappe en kenmerke op 'n vroeë stadium, te identifiseer.  Die doel van die navorsing is vir potensiële toepassings in boomtelings programme.

Studieleier: Dr Brand Wessels.

Rugare.jpg

Custon Rugare

Custon is van die Buhera distrik in Zimbabwe en is tans besig met sy MSc in Bosbou-Ingenieurswese

Meganiese KTL (Kap tot Lengte) oestings in Suid-Afrika is besig om skerp toe te neem. Aangesien dit 'n redelike nuwe verskynsel is en drasties verskil van die arbeid intensiewe operasies van die verlede, is dit belangrik om die bydrae van masjienkoste en produktiwiteit tot die algehele sukses van meganisasie te verstaan. Verhoudings soos beskikbaarheid en benutting is grootliks onbekend of word nie reg geanaliseer nie. Dieselfde geld vir herstel- en instandhoudingskoste tesame met die koste van lopende toerusting. Hierdie navorsing maak gebruik van langtermyn operasionele rekords en masjienrekenaarsisteme om basiese inligting te verskaf vir die berekening van maatstaf inligting wat masjien eienaars kan gebruik om data van daaglikse operasies te verifieer.

Studieleiers: Dr Pierre Ackerman and Mr Simon Ackerman

Siviwe.jpg

Siviwe Mlamli Soludongwe

Siviwe is gebore in die koninkryk van Lipode, Mtatha en het grootgeword in Oos-London, Oos-Kaap.  Hy is tans besig met die eerste jaar van sy MSc in Bosbou en Houtkunde. 

Sy navorsing fokus op die vervaardiging van komposiete houtprodukte wat verbind word met biologiese en lae koolstof anorganiese bindmiddels.  Hy het 'n passie vir panda-bere en n eko-vriendelike omgewing.

Studieleier: Dr Luvuyo Tyhoda

Marius Terblanche.jpg

Marius Terblanche

Marius is afkomstig van die dorp Sedgefield in die Suid-Kaap waar sy gesin 'n bosbou-en-vervoeronderneming besit. Nadat hy aanvanklik 'n BSc in Sportwetenskap gestudeer het, het hy besluit om na bosbou oor te skakel en 'n Nagraadse Diploma in Bosbou en Houtkunde in 2017 voltooi. Hy is tans besig met 'n MSc in bosbou-ingenieurswese, waar hy besig is met die kalibrasie van stroper-kop en die aftrek van bas metodes, vir die bepaling van onder-bas-volumes vir Pinus Patula. Hy het ten doel om die kwalite​it van die data van die ​​​stroper-koppe te verbeter sodat dit verder in die waardeketting gebruik kan word.

Studieleiers: prof Pierre Ackerman en mnr Simon Ackerman ​