Food Safety
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​Na-doktorale Genote


MvdHonert.jpg

Michaela van den Honert

Antibiotiese weerstandbiedende bakterieë wat algemeen voorkom in vee- en wildsoorte in Suid-Afrika

Baie navorsing fokus op die lot van antibiotika in kliniese situasies, terwyl navorsing oor antibiotika in natuurlike omgewings betreklik beperk is. Die navorsing is uitgevoer in die nuutgestigte Sentrum vir Voedselveiligheid aan die Universiteit Stellenbosch, en sal die voorkoms van antibiotiese weerstandbiedende bakterieë by voedselproduserende vee- en wildspesies in Suid-Afrika bepaal.  Hierdie navorsing streef daarna om 'n bydrae te lewer tot 'n groter globale begrip van hoe weerstand teen antibiotika in die toekoms kan toeneem deur belangrike landboubronne en verspreidingspatrone vir die verspreiding van antibiotiese weerstandbiedende bakterieë in voedselproduserende vee en wild uit te lig.  Navorsing op hierdie gebied fokus op antibiotiese weerstandbiedendheid wat by dierevoer, in wild- en vee-spesies, betrokke is in verskillende boerderypraktyke, in die voedselproduksie-omgewing in verskillende verwerkingstoestande, asook om alternatiewe vir antibiotika te ondersoek.

​​PhD Studente




NShange.jpg

Nompumeleo Shange​​

Die voorkoms van Campylobacter en Arcobacter spesies in volstruise

Die volstruisvleisbedryf het die afgelope paar jaar aansienlike groei getoon. Dit is te danke aan die toenemende vraag van die plaaslike mark en die bestendige uitvoer van volstruisvleisprodukte na die Europese mark. 

Hierdie bestendige toename in die vraag na volstruisvleis en vleisprodukte hou direk verband met die belangrikheid daarvan om volstruisvleis wat veilig is vir verbruik aan verbruikers te voorsien. Dit is dan belangrik om die voorkoms van opkomende patogene mikroörganismes, soos Campylobacter en Arcobacter-spesies by volstruisvleis, te ondersoek.  Campylobacter- en Arcobacter-spesies word in die spysverteringskanaal van voedselproduserende diere aangetref. As dit verbruik word, kan Campylobacter en Arcobacter-spesies nadelige gesondheidsreaksies veroorsaak, selfs by lae kontaminasie vlakke. Huidiglik word die meeste van die inligtigting wat bekend is rakende Campylobacter- en Arcobacter-spesies uit die pluimveebedryf gewin en die studie van Campylobacter spp. en Arcobacter spp. in volstruisvleis is raar. 

Verder is daar in Suid-Afrika geen spesifieke regulasies wat die teenwoordigheid / afwesigheid van Campylobacter spp. en Arcobacter spp. in volstruisvleis beheer nie.  Dus sal hierdie studie ten doel hê om volledig te verklaar of Campylobacter- en Arcobacter-spesies mikrobiologiese gevare is waarvan die Suid-Afrikaanse volstruisvleisprodusente krities bewus moet wees.

MSc Studente




KCorbett.jpg

Kyle Corbett

Die effek van saniteer tegnologieë op die groei van biofilm en nie-biofilm Listeria monocytogenes

Listeria monocytogenes is 'n patogeen wat die menslike siekte, listeriose, tot gevolg kan hê. Die alomteenwoordige aard van die organisme in die natuur beteken dat dit ook in voedselverwerkingsfasiliteite gevind kan word. 

Hierdie organisme kan ook voortbestaan in voedselverwerkingsfasiliteite as gevolg van die feit dat dit teen verkoelde temperature kan groei en biofilms op vlekvrye staal-toerusting kan vorm. Listeria monocytogenes het sekere weerstandsmeganismes ontwikkel teen algemeen gebruikte saniteermiddels wat tydens fabrieksreiniging gebruik word.  My taak is om 'n optimale behandelingsregime vir die voedselindustrie teen L. monocytogenes wat weerstand bied teen sekere sanitiseerders in beide die biofilm (sessiele) en nie-biofilm (planktoniese) toestand, te ontwikkel. My navorsing sal lei tot 'n beter begrip van fabriekreiniging en geoptimaliseerde regimes vir sanitiseertoepassings, wat uiteindelik sal lei tot veiliger voedselproduksie​.



RKeet.jpg

Rochelle Keet

'n "One Health" benadering: Kategorisering van Listeria monocytogenes van voedsel, omgewing en kliniese oorsprong in die Wes-Kaap (Suid- Afrika)

My studie fokus op die bekende voedselpatogeen Listeria monocytogenes en die verwante, virulente stamme wat listeriose  veroorsaak; 'n siekte wat dikwels noodlottig is vir immuun- kompromitteerde individue. 

Ten spyte van die beduidende openbare gesondheidsrisiko wat virulente stamme van L. monocytogenes inhou, is baie min navorsing uit sub-Sahara Afrika rakende die verspreiding van L. monocytogenes-stamme in die voedselomgewing en die gepaardgaande openbare gesondheidsrisiko gegenereer. 

Dus het hierdie studie ten doel om die gaping tussen voedsel en kliniese stamme te vul, en om moontlike verband tussen hierdie twee gebiede te ondersoek. Ek ondersoek ook die antibiotiese weerstandbiedendheid van hierdie stamme, asook die vatbaarheid daarvan vir 'n kommersiële bakteriofaag​.


MEsterhuysen.jpg
Michael Esterhuysen

Die ondersoek van Listeria spp. in die Suid-Afrikaanse gereed-om-te-eet geprosesseerde vrugte verskaffingsketting​

Vars gesnyde tropiese vrugte, 'n belangrike bron van koolhidrate, vitamiene, minerale en vesel, is veral aantreklik vir verbruikers wêreldwyd. Dit word gesien in die groeiende aanvraag na verwerkte vrugteprodukte, maar hul assosiasie met voedselgedraagde patogene, veral Listeria monocytogenes, het 'n groeiende bron van kommer geword.  Om die voorkoms van Listeria monocytogenes effektief in die verwerkte vrugte verskaffingsketting te bestuur, is 'n holistiese ondersoek van alle Listeria-spesies wat van produsente tot verwerkers aanwesig is, van groot waarde. 

Hierdie navorsingsprojek fokus op papaja en spanspek en het ten doel om insig te kry in die ekologie en verspreiding van Listeria spp. in die verwerkte vrugte omgewing, om veranderinge in die verspreiding van Listeria-spesies deur die verskaffingsketting te ondersoek en om die punte te identifiseer waar ingryping nodig is om voedselveiligheid te verseker.








PSmit.jpg
​Paula Smit

Die effek van verskillende heuningbos (Cyclopia subternata) vlakke in vlakvark (Phacochoerus africanus) salami​

Salami is deel van 'n aangename geskiedenis wat waarlik waardeer moet word. Die souting en vulling van hoogs bederfbare vleis en vet in die ingewande van diere dateer uit die antieke tye en het 'n vleisvoorraad tot maande verseker.  Die revolusionêre ontdekking van salpeter (kaliumnitraat) kontaminasie in sout, wat gelei het tot die bekende stabiele, kersiesrooi vleiskleur, het die weg gebaan vir die kommersiële toediening van nitraat en nitriet soute in 'n verskeidenheid verwerkte vleis en kaasprodukte.  Natrium- en / of kaliumnitraat en nitriet word deesdae gereeld in verwerkte vleisprodukte toegedien as gevolg van hul sterk antioksidant en antimikrobiese effek, veral teen die dodelike en gevreesde Clostridium botulinum.

Ongelukkig word die voordele van voedselveiligheid verbonde aan die gebruik van hierdie soute uitgedaag deur die moontlike nadelige gevolge vir die mens in die geval van nitrietchemie, wat lei tot die vorming van n-nitrosamiene wat bekende karsinogene is. Die voortdurende debat, omstrede gevolgtrekkings en verbruikersvrae skep 'n geweldige uitdaging vir die vleisbedryf, aangesien voedselveiligheid altyd die grootste prioriteit moet wees.

'n Groot hoeveelheid navorsing is belê in die gebruik van natuurlike ekstraksies, essensiële olies en kruie wat antimikrobiese en / of antioksidantaktiwiteite vertoon om die effek van nitraat en nitriet in verwerkte vleis na te boots. Daar is nog geen enkele vervanging vir hierdie multifunksionele preserveermiddels nie. Heuningbos, 'n potensiële bestanddeel, sal as 'n moontlike vervanging ondersoek word. Heuningbos is 'n endemiese struik in Suid-Afrika wat as warm gebroude tee geniet word sodra die blare en stingels gefermenteer is. Hierdie plant is ryk aan polifenole en toon antioksidant-aktiwiteit. 

Die doel van hierdie projek is om die effek van heuningbosekstrak in vlakvarksalami met verminderde toegevoegde natriumnitraat te toets. Fisiese chemiese analise sal op die salami uitgevoer word en sluit in: pH, wateraktiwiteit, CIEL*a*b* oppervlakkleur, tekstuurprofielanalise, proksimale analise, vrye vetsuur en melksuurtitrasie. Finale produk mikrobiese ontleding sal ook uitgevoer word en sal insig bied rakende die voedselveiligheidsaspek.



Caitlin McQuillan 
 ​​​
The presence of ListeriaCampylobacter, SalmonellaEscherichia coli and shiga toxin producing Escherichia coli in pork.

Foodborne pathogens in pork is currently a major global issue with their presence being a major contributor to human illnesses, hospitalisations and fatalities each year. There is an increased struggle to control the presence of these foodborne pathogens during pork production, thus a vast and comprehensive understanding of these pathogens as well as their respective sources is required in order for the industry to develop and implement effective food safety interventions for pork production.

This study aims to determine the presence, prevalence and respective sources of Salmonella spp.Campylobacter spp.Listeria spp., Escherichia coli and STEC, as well as the high risk areas in the pork production chain in order to limit and control the contamination during the production from farm to shelf.​​