Animal Sciences
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Navorsing

​​​​​​​Voorpunt-navorsing wat deur ons akademici gedoen word, bevestig ons toewyding om Veekundiges op te lei wat betekenisvol sal bydra tot volhoubare diereproduksie binne die beperkings van dierewelsyn, voedselsekuriteit en aardsverwarming. Die dissiplines van dierefisiologie, voeding en teling vorm die drie pilare van navorsingsprojekte wat deur die onderskeie navorsingsgroepe gedoen word, met die onderskeie groepleiers wat as kundiges in hul onderskeie velde van navorsing geag word.

 
Navorsingsaktiwiteite fokus op die verbetering van die doeltreffendheid, winsgewendheid en volhoubaarheid van die onderskeie diereproduksie bedrywe, op ʼn nasionale en internasionale vlak. Nagraadse projekte sluit studies van verskeie dierspesies, waaronder melk- en vleisbeeste, skape en bokke, varke, pluimvee, volstruise, mariene en varswater akwakultuur spesies, sowel as wild, in. Vir meer inligting oor die verskillende projekte van die onderskeie navorsingsgroepe, gaan asb. na die skakel vir die betrokke navorsingsprogram.

​​

  
  
Description
  
  
  
  
Prosessering en Produk-ontwikkeling
http://www.sun.ac.za/afrikaans/faculty/agri/animal-science/research/research-programmes/processing-product-developmentNew tab
Diereteling
http://www.sun.ac.za/afrikaans/faculty/agri/animal-science/research/research-programmes/animal-breedingNew tab
Akwakultuur
http://www.sun.ac.za/afrikaans/faculty/agri/animal-science/research/research-programmes/aquacultureNew tab
Dierefisiologie en Reproduksiefisiologie
http://www.sun.ac.za/afrikaans/faculty/agri/animal-science/research/research-programmes/animal-physiologyNew tab
Herkouer voeding
http://www.sun.ac.za/afrikaans/faculty/agri/animal-science/research/research-programmes/ruminant-nutritionNew tab
Enkelmaag voeding
http://www.sun.ac.za/afrikaans/faculty/agri/animal-science/research/research-programmes/monogastric-nutritionNew tab