AgriScience
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Departement Hortologie

Wat is Hortologie?

Hortologie is die wetenskap, tegnologie en besigheid van intensiewe plantkweking vir menslike gebruik – van 'n tuin tot die aktiwiteite van 'n multinasionale korporasie.  Dit is baie uiteenlopend ten opsigte van aktiwiteite en behels plante vir voedsel en nie-voedseloeste.  Weens die toenemende bewustheid van die enorme uitdagings om in die toekoms die wêreld se al groter wordende bevolking te voed, is die begrippe "plaas tot die vurk" en "plaas vir die toekoms" uiters belangrik.  Albei konsepte plaas die klem op die volhoubare gebruik van ons natuurlike hulpbronne om 'n smaaklike en voedsame produk teen die laagste moontlike koste en met die minste vermorsing te lewer.

Die Department Hortologie

Met die ontstaan van die Departement Hortologie in 1918 was onderrig en navorsing hoofsaaklik toegespits op produksiemetodes van geskikte sagtevrugtekultivars vir die Suid-Afrikaanse vrugtebedryf, wat toe in sy kinderskoene was.  Van die begin af is interaksie met en steun vir die bedryf beklemtoon en dit bly tot vandag 'n hoeksteen van die Departement se aktiwiteite, veral omdat dit in die hart van RSA se hortologiebedryf gesetel is.  Die Departement is baie trots op die feit dat hy betrokke was by die opleiding van byna al die hortoloë wie se kundigheid en kennis die grondslag was van die verskillende aspekte van die bedryf – vrugte (appels, pere, steenvrugte soos pruime en perskes, sitrusprodukte, sowel as olywe, granate, vye, neute en bessies) en snyblomme.  Hy is daarop toegespits om tegnologieë vir die verbetering van voor- en na-oesvrugte  en die gehalte van snyblomgehalte te ontwikkel, toets en bevorder; die bekendstelling en oordrag van die ontwikkelde tegnologieë aan kwekers en ander hortologiemaatskappye vir kommersiële implementering en voorsiening van bekwame mannekrag aan die hortologiebedryf  deur gegradueerdes uit aangewese groepe sowel as vyf tot agt nagraadse studente jaarliks te lewer.  ​


Programinligting

Voorgraadse programme

BScAgric (Plant en Grondwetenskappe) 

Die vierjaarprogram in plant- en grondwetenskappe bied opleiding in die produksie van akkerbou-en groente-gewasse, weidingsgewasse, aromatiese plante, sagtevrugte, sitrus, fynbos en wingerd.   Vir elke gewas is kennis van die volgende in 'n betekenisvolle geheel geïntegreer:  landbou-ekonomie, biochemie, biometrie, oesproduksie, entomologie, genetika, nematologie, plantpatologie en grondkunde. ​

In hierdie program is daar drie studierigtings waaruit studente kan kies. 

  • Gewasproduksiestelsels: In hierdie studieterrein ontvang jy opleiding in die produksie en gehaltebestuur van onder andere akkerbougewasse, sagtevrugte, sitrus, fynbos, wingerd en kweekhuisgewasse.
  • Gewasbeskerming en -teling: Hierdie studieterrein lei jou op as deskundige in gewasbeskerming  (entomologiese en nematologiese plae, plantsiektes en die beheer daarvan) en genetiese gewasverbetering (kweking en manipulasie).
  • Grond- en Waterbestuur:  Hierdie studieterrein rus jou toe met die kundigheid om die aard, belangrikheid en bestuur van grond en water met betrekking tot gewasproduksie te verstaan.

Die keuse van studie in een van hierdie drie rigtings berei  jou voor vir verskeie loopbane in die landboubedryf of landbouverwante industrieë, waaronder loopbane as adviseur, konsultant, entrepreneur, bestuurder, tegnikus en navorser. 

Nagraadse programme​

HonsBSc

MScAgric

MSc

PhD

 

Navorsing

Navorsingsgeriewe in die laboratoriums sowel as die veld is die afgelope dekade of so drasties verbeter.  Beginnende met die ontwikkeling van koolhidraat- en  plantkweek-reguleringslaboratoria tot by die aanskaf van moderne toerusting vir naoes- en ekofisiologiese navorsing, is die Departement nou goed geplaas vir wêreldklas-navorsing en -opleiding.  Hy is tans stewig geplaas om dinamiese navorsing in die sagtevrugte-, sitrus-, ornamentele snyblom en potplantbedrywe uit te voer en voorsien toegevoegde tegnologie aan bedryfsvennote om hulle globale mededingendheid en winsgewendheid te verbeter.   Hy verleen ook ondersteuning aan nuwe tuinbounywerhede wat op alternatiewe gewasproduksie konsentreer.​

Die gevestigde uitvoergerigte sagtevrugte-, sitrus- en fynbosbedrywe speel 'n belangrike rol in die ekonomie van die Wes-Kaap en die res van Suid-Afrika.  Navorsing is daarop ingestel om die enorme potensiaal vir die uitbreiding van hierdie bedrywe en die voortspruiting van nuwe alternatiewe nywerhede in die Wes-Kaap, maar ook elders in suidelike Afrika voortdurend te verbeter.

'n Omvattende lys van alle navorsingsartikels is beskikbaar by http://www.sun.ac.za/research/en/research-report

Kontakbesonder​hede

Departement Hortologie

Fakulteit AgriWetenskappe

Universiteit Stellenbosch

Privaatsak X1, 7602 Matieland, Suid-Afrika

Tel +27 21 808 4900                    Fax +27 21 808 2121

E-mail: hortsci@sun.ac.za​              Web: http://academic.sun.ac.za/horticulture/

Personeel

 

Van, voorletters (noemnaam)Tel.E-posRigting
Dr Paul Cronje021 808 2689paulcronje@sun.ac.zaCitrus Post-harvest Physiology
Dr Elke Crouch021 808 4763elke@sun.ac.zaPme Fruit Post-harvest Physiology
Dr Malcolm Dodd021 808 2970malcolm@fpef.co.zaPost-harvest Physiology
Dr Lynn Hoffman021 808 2383ewh@sun.ac.zaFynbos and Cut-flower Production and Post-harvest Physiology
Dr Marius Huysamer021 808 2970huysamer@sun.ac.zaPost-harvest Physiology
Prof Gerard Jacobs021 808 4761gj@sun.ac.zaFynbos Production and Post-harvest Physiology
Dr Mariana Jooste021 808 3550mjooste@sun.ac.zaStone Fruit Post-harvest Physiology
Dr Elmi Lötze021 808 3263elotze@sun.ac.zaPome Fruit Quality
Prof Linus Opara021 808 4064opara@sun.ac.zaPost-harvest technology
Dr Michael Schmeisser021 808 2817schmeisser@sun.ac.zaPlant Ecophysiology and Stress Physiology
Dr Wiehahn Steyn021 808 3939wiehann@fruitgro.co.zaTree Physiology
Prof Karen Theron021 808 4762kit@sun.ac.zaTree Physiology, Chairperson
Dr Esme Louw021 808 4760esmelouw@sun.ac.zaPlant Physiology​

​ 

​Tegniese & Onderstuene Personeel​​

Van, voorletters (noemnaam)Tel.E-pos
Nazneen Ebrahim021 808 9242nazneen@sun.ac.za 
Tikkie Groenewald021 808 2688ghg@sun.ac.za 
Gustav Lötze021 808 4764gfal@sun.ac.za 
Maria Ntunzi021 808 4765marian@sun.ac.za 
Carin Pienaar021 808 4900mcp@sun.ac.za 
Sandy Turketti021 808 4765san@sun.ac.za 
Dr Elizabeth Rohwer021 808 4901ear@sun.ac.za 
Andre Swartz021 808 2688ajs@sun.ac.za 
Willem van Kerwel021 808 4870wvk@sun.ac.za ​