Choir
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Repertorium - 2015

AFRIKA GEBED
Peter Klatzow (1945 - , Suid-Afrika)

Kom, Heer, beskerm my in die nag!
Sprei U genade oor ons; laat daal U vrede neer op ons.
U genade is sterker as die nag.
Vader, dit is koud: die nag kom met sy skadu's en vrees.
Heer, ons wag op U: nag en dag. – Desmond Tutu

 

BRONZE TRIPTYCH
Dan Forrest (1978 - , VSA)

'n Werk in drie bewegings vir gemengde koor en klavier-duet.
Beweging 1: die teks volg die vorming van 'n klok - die brons word gemyn en eers as oorlogwapens gegiet.
Beweging 2: die brons word gesmelt en herskep (hergeboorte) as klok om die aanddiens aan te kondig.
Beweging 3: die klok, beierend in oorwinning en vreugde, kondig 'n era van vrede aan ná die verwoesting van oorlog.

Teks: Charles Anthony Silvestri.

 

GOOD NEWS!
Vewerk: Stacey Gibbs (Tradisioneel Geestelik)

 

SAY SOMETHING
Oorspronklike verwerking: Pentatonix
(Soos uitgevoer deur Christina Aguilera)
Aangepas​: André van der Merwe

 

BORN THIS WAY
Oorspronklike verwerking: Ben Bram
(Soos uitgevoer deur Lady Gaga)
Aangepas: André van der Merwe

 

I NEED THEE, OH I NEED THEE
Verwerk: Sam Robson (Engelse volkslied)
Aangepas: André van der Merwe

 

​THE CONVERSION OF SAUL
Randall Stroope (1953 - , VSA)

Ná die steniging van Stefanus het Saulus hom toegespits op die vervolging van die vroeë Christelike kerk. Hy het legendaries geword in sy poging om almal wat "glo" uit te wis. Maar soos Paulus later skryf, is hy verblind deur 'n hemelse lig onderweg na Damaskus en 'n stem wat vir hom vra: "Saulus, waarom vervolg jy my?" Saulus - voortaan bekend as Paulus - het sy moordtogte agtergelaat en die res van sy lewe as Christen-sendeling gewerk. 

ALLELUIA
Jake Runestad (1986 - , VSA)

 

PSALM 121         
Jake Runestad (1986 - , VSA)

 

LUPPITER (JUPITER – 'n KOSMIESE REIS)                                                                                              
Michael Ostrzyga (1975 - , Oostenryk)

Luppiter is 'n werk vir koor gebaseer op Jupiter se vele Latynse name en die etomologies-verwante konspete in ander antieke tale.
Daarmee saam word gedeeltes ui die Rooms Katolieke mis gebruik.
Die aanvanklike sterk klank word gevolg deur 'n meer misterieuse middel-gedeelte.
Die komposisie eindig met 'n megalomaniese finale gedeelte, soos donder en 'n vallende reenbui.


NOORWEEGSE WIEGELIED                 
Verwerk deur Gunnar Eriksson (1936 - , Swede)

Hush, my baby, be still – no tears.
Sweetly smiling, you have no fears.
Dreaming child, sleep safely in the peace of God.
My mother dances with me in the meadow.

 

PSALM 103: EK WIL DIE HERE LOOF
Niel van der Watt (1962 - , S.A.)

 

WE CAN MEND THE SKY​
Jake Runestad (1986 - , VSA)

Sedert 1991 word Somalië deur 'n burgeroorlog geteister. Immigrante vlug o.a. na die VSA in die hoop om hul kinders 'n beter lewe te bied. Hierdie werk is 'n toonsetting van die 14-jarige Warda Mohamed se kort gediggie. Sy het saam met haar familie na die VSA gevlug.

​In my dream I saw a world free of violence, hunger, suffering.
A world filled with love.
​Let's go – to save your soul, run with all your might.
If we come together, we can mend a crack in the sky.

 DSC_0553-web.jpg

​​