Students
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Covid-19-protokol

  • Dit is verpligtend om te alle tye in enige van die geboue ’n masker te dra
  • Slegs studente word in die registrasielokale toegelaat – geen ouers of vriende nie.
  • Alle studente moet die Higher Health Check-toets aflê en ’n afskrif van die uitslag by die ingang toon. Neem asseblief ’n skermskoot van die uitslag van jou toetsingstatus en hou dit gereed wanneer jy by die lokaal opdaag. Daar kan op die volgende maniere toegang tot die Higher Health Check-toets verkry word:
    - Higher Health Check-toetshulpmiddel: https://healthcheck.higherhealth.ac.za
    - WhatsApp: 0600 11 0000
    - Bel: *134*832*2#
    - Om toegang tot die lokaal te verkry, moet jou status as groen of “lae risiko” vertoon. Studente met enige ander status sal nie in die gebou toegelaat word nie.
  • Jy word versoek om te alle tye ’n veilige fisieke afstand van 1,5 m te handhaaf.
  • Ons vra vriendelik dat studente die gebou so gou moontlik verlaat na die konsultasiesessie verby is.

Ons moedig jou aan om ons registrasieblad gereeld te besoek vir die nuutste inligting.