Corporate Identity
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Visuele Riglyne

Daar is drie weergawes van die Maties-logo: 'n horisontale ontwerp met die logo gesentreer; 'n horisontale ontwerp met die logo aan die linkerkant geplaas; en 'n sirkelvormige ontwerp wat slegs die logo bevat.


Sirkelvormige ontwerp (slegs logo)

 

Horisontale ontwerp (logo aan die linkerkant geplaas)

 

  • Let asseblief daarop: X dui aan waar die onskendbare spasie rondom die logo is en waarin geen grafiese elemente of woorde geplaas mag word nie. Dit word bepaal volgens die hoogte van die M in die logo.
  • Die dimensies wat hier bo uiteengesit word, mag nie verander word nie.

Minimum grootte van logo's

Wanneer die slagspreuk "vir altyd / forever" na 'n 6 pt-letter verklein word, het die logo sy minimum grootte bereik. As die spesifieke gebruik dit noodsaaklik maak om 'n kleiner logo te gebruik, moet die slagspreuk weggelaat word.

​​

 



Kleurontleding

  • Grys: 
    Pantone 443 CVC 
    Process: C8 M5 Y6 K34 
    RGB: R140 G151 B154 (web alleenlik)

    XXXX

  • Maroen: 
    Pantone 209 CVC 
    Process: C0 M83 Y34 K51 
    RGB: R96 G34 B59 (web alleenlik)

    XXXX

  • Swart: 
    Pantone process black

    XXXX

  • Geel: 
    Pantone 143 CVC 
    Process: C0 M30 Y83 K0 
    RGB: R255 G155 B51 (web alleenlik)​

    XXXX

Sekondêre kleur:

  • Metaalsilwer: 
    Pantone 8001 CVV 
    to be printed as spot colour only 

    RGB: R110 G1173 B116 (web alleenlik)​​

       XXXX

  • Gebruik asseblief slegs die gespesifiseerde Pantone-kleure.
  • Die gebruik van Pantone silwer 8001 CVC word gereserveer vir gebruik op baniere en amptelike Maties-ontwerpe.

Enkelkleurlogo

Die enigste aanvaarbare enkelkleuropsie is Pantone prosesswart, Pantone 209 maroen of Pantone 443 grys.


Logo op 'n kleuragtergrond

Die logo moet verkieslik in volkleur gedruk word op 'n geel (Pantone 143), prosesswart of maroen (Pantone 209) agtergrond.



Onaanvaarbare variasies

Konsekwentheid is belangrik om 'n treffende visuele beeld van die Maties te handhaaf. Al die voorbeelde van die logo soos hier onder geïllustreer is onaanvaarbaar:

Moenie die kleure van die logo verander nie



Moenie die logotipografie verander nie



Moenie die posisie van die woorde verander nie


​Moenie die logo kleiner ​​maak nie​


Moenie ander grafiese elemente by die logo voeg ni​​e



Moenie teks of grafiese elemente in die onskendbare spasie plaas nie​​

    In sekere gevalle sal die logo langs teks moet staan. Hierdie diagram illustreer die verkeerde gebruik van die minimum ruimte wat vereis word om die Maties-logo van enige ander element te skei.



Moenie die logo bo-oor 'n fotografiese beeld plaas nie – plaas dit eerder binne 'n strookstelsel​​


Sekondêre lettertipe

Die sekondêre lettertipe word gebruik vir alle inhoudkopie en opskrifte. Die lettertipe behoort slegs in mediumformaat gebruik te word.

Futura LT Bt

​​

Die sekondêre lettertipe is gekies weens die moderne voorkoms daarvan. Moet dit nie vervang met enige ander lettertipe wat min of meer eenders lyk nie.​