Corporate Identity
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Sekondêre Grafika

Dit is die grafiese elemente van sekondêre belang naas die logo en die wapen. Hierdie elemente versterk die korporatiewe identiteit en kan volgens die ontwerpvereistes aangewend word. Die gebruik van sekondêre grafiese elemente, soos die kinetiese akkerblaar of die opskrifelemente, is opsioneel.

Kinetiese akkerblaar: 

Die Universiteit Stellenbosch het hom die akkerblaar as 'n aanvullende grafiese element toegeeïen.​

 

  • Die kinetiese akkerblaar kan saamgestel word uit soliede kleure of tinte van die logokleure, sekondêre kleure, fakulteitskleure of wit op enige van dié kleure.
  • Moenie die kunswerk probeer reproduseer nie. Gebruik asseblief die amptelike kleurmonsters, -kodes en bromides wat in die hoofstuk oor Reproduksiestandaarde gespesifiseer word.
  • Raadpleeg asseblief die Afdeling Kommunikasie en Skakeling voor enige ander kleuraanwending van die kinetiese akkerblaar as hierbo gespesifiseer.

Opskrifelemente



Die element vou om die opskrif, soos hierbo geïllustreer.

Uitlegriglyne:

Die volgende diagram toon die korrekte gebruik van die sekondêre lettertipes en die onskendbare spasie rondom die logo.