Archive
Welkom by Universiteit Stellenbosch
SAS inligtingsessie en "Bootcamp"

​SAS word deur baie gebruikers op kampus gebruik vir statistiese verwerking en datamanipulasie. SAS kom self 'n een dag inligtingsessie op kampus aanbied om vir gebruikers van die nuwe funksionaliteit van die nuutste SAS weergawe te demonstreer (20 Januarie 2014). 'n Week later word 'n week lange SAS Bootcamp (opleidingsessies) gehou om gebruikers opleiding te gee (27-31 Januarie 2014). Hierdie sessies sal bestaan uit SAS Programming 1, SAS Programming 2 en SAS Enterprise Guide. Daar is geen koste verbonde aan hierdie sessie nie en dit is oop vir alle personeel en navorsers wat SAS gebruik. Om getalle te beheer sal die sessie slegs oop wees vir PhD-studente.

Meer inligting sal nader aan die tyd bekendgemaak word.

Kontak Chris Muller (cmuller@sun.ac.za) vir enige vrae oor hierdie sessies.