Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Doen aansoek vir toesig tydens die Mei 2023 – SU assesseringsperiode

Doen aansoek vir toesig tydens die Mei 2023 – SU assesseringsperiode

Aansoekvorms beskikbaar vanaf Maandag, 27 Maart 2023

Die aansoekproses vir toesigdiens tydens die SU-assesseringstydperk vanaf Maandag, 22 Mei tot Vrydag, 30 Junie 2023 is oop.

Neem asseblief kennis dat die Assesseringskantoor vereis dat suksesvolle aansoekers elke dag beskikbaar moet wees vir die volle duurte van die assesseringsperiode.

Slegs vir eksterne aansoeke (persone buite die Universiteit). SU studente (voorgraads en nagraads) kan ongelukkig nie aansoek doen nie.

Aansoeke sluit Maandag, 10 April 2023 om 16:30

Minimum kwalifikasie Matriek.

Vergoeding beloop R250 per assesseringsessie/ R300 per ekstra skryftyd assesseringsessie vir toesighouers en R350 per assesseringsessie / R400 per ekstra skryftyd assesseringsessie vir senior toesighouers. Vergoeding vir alle toesighouding sal einde Julie 2023 betaal word.

 

Aansoekvorms is per epos beskikbaar vanaf Maandag, 27 Maart 2023. Kontak vir mnr Gary Kirsten direk by garyk@sun.ac.za om die aansoekvorm per epos vir u aan te stuur.

 

Aansoekers moet asseblief alle afdelings van die aansoekvorms volledig invul en die ingevulde vorm (saam met enige ander dokumentasie wat vereis mag word) moet weer per epos teruggestuur word aan garyk@sun.ac.za voor óf op die sluitingsdatum (Maandag, 10 April 2023 om 16:30).

 

Neem kennis dat onvolledige vorms en vorms sonder die nodige dokumentasie (waar aangevra word nie oorweeg sal word nie. 

Kontak mnr Gary Kirsten by garyk@sun.ac.za  vir verdere navrae.