Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Servest Skoonmaakdienste aangestel as nuwe diensverskaffers op Stellenbosch, Tygerberg en Bellville kampusse

​'n Nuwe skoonmaakdiensverskaffer vir die Universiteit Stellenbosch, Servest Cleaning Services, het vanaf 1 Februarie 2023 die skoonmaakdienskontrak op die Stellenbosch-, Tygerberg- en Bellvilleparkkampusse onder die bestuur van Fasiliteitsbestuur oorgeneem.

Die vorige Metro Skoonmaakdienste-kontrakte op die Stellenbosch- en Tygerbergkampus en die Afriboom Skoonmaakdienste-kontrak op die Bellvillepark-kampus het op 31 Januarie 2023 geëindig. Die skoonmaakdienstepersoneel op al drie kampusse sal onveranderd bly, en daarom behoort daaglikse skoonmaakdienste nie geraak te word deur die verandering van die diensverskaffer vanaf 1 Februarie 2023 nie.

Indien daar enige diensleweringskwessies met skoonmaakdienste in jou omgewing is, kontak asseblief die onderskeie fasiliteitsbestuurders of die FM-dienstoonbank op die Stellenbosch-kampus by 021 808 4666, of die Tygerberg-kampus by 021 9389433.​