Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Afdeling Navorsingsontwikkeling (ANO) inligtingsessies en kapasiteitsbouprogram 2023

​Die Afdeling Navorsingsontwikkeling (ANO) se taak is om effektiewe navorsingsontwikkeling en -ondersteuningsgeleenthede aan US navorsers (insluitende akademiese personeel, na-doktorale genote en nagraadse studente) te bied, en om die navorsingspoging aan die Universiteit in geheel te bevorder. Ons strewe daarna om `n effektiewe, professionele en waardevolle diens aan ons navorsingsgemeenskap te bied en om in venootskap met ons navorsers `n bydrae te maak tot Navorsing vir Impak as een van die kern strategiese areas soos uiteengesit in die US se Visie 2040. Die doel van ons inligtingsessies is om aan US navorsers gedetailleerde inligting te gee oor die navorsingsverwante ondersteuning en dienste wat beskikbaar is deur die ANO. Ons kapasiteitsbou program is pasgemaak volgens gereelde behoeftebepalings van opleiding wat benodig word in sekere aspekte van die navorsingsproses.

Klik hier vir die inligtingssessie-program:
Klik op die volgende skakel vir die Kapasiteitsbou-program:

Advertensies met meer inligting en RSVP details sal voor elke sessie uitgestuur word.
Kontak gerus vir Maryke Hunter-Husselmann (mh3@sun.ac.za) met enige navrae.