Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Herinnering aan opsies vir ooptoegangpublikasie aan die US

​Hierdie dokument dien as 'n herinnering aan die opsies wat beskikbaar is vir US-navorsers om gratis (of met verminderde koste) in ooptoegangtydskrifte te publiseer.

Oor die afgelope twee jaar het die Biblioteek- en Inligtingsdiens ooreenkomste aangegaan met uitgewers wat dit vir US-navorsers moontlik maak om gratis (of met verminderde koste) in ooptoegangtydskrifte te publiseer. Ons het egter besef dat daar steeds navorsers is wat nie van hierdie voordele bewus is nie. Ons moedig daarom navorsers aan om van hierdie opsies gebruik te maak en ook om dit onder hul kollegas se aandag te bring.

Die volgende uitgewers bied gratis ooptoegangpublikasie vir US-navorsers:

Association for Computing Machinery (ACM)
Die ooreenkoms laat korresponderende US-outeurs toe om sonder enige koste 'n onbeperkte aantal artikels met oop toegang by ACM te publiseer.


Cambridge University Press (CUP)
Ingevolge die ooreenkoms kan korresponderende US-outeurs sonder enige koste artikels met oop toegang in CUP-tydskrifte publiseer.

Emerald
Die ooreenkoms laat korresponderende US-outeurs toe om sonder enige koste 'n beperkte aantal artikels met oop toegang te publiseer in die Emerald titels waarop die US inteken.

Institution of Mechanical Engineers (IMechE)
Korresponderende US-outeurs kan sonder enige koste 'n onbeperkte aantal artikels met oop toegang in IMechE tydskrifte publiseer.

SAGE
Korresponderende US-outeurs kan 'n onbeperkte aantal artikels gratis met oop toegang in SAGE se hibriede titels (SAGE Choice) publiseer of hulle kan 'n afslag van 20% kry op die publikasiekoste van SAGE se lys van Pure Gold Open Access Journals.

Sponsoring Consortium for Open Access Publishing in Particle Physics (SCOAP³)
Die vennootskap maak dit vir korresponderende US-outeurs moontlik om gratis met oop toegang in SCOAP³-tydskrifte te publiseer.

Wiley
In 2022 mag US-outeurs in Wiley se hibriede tydskrifte gratis met oop toegang publiseer. Vanaf 2023 sal die Wiley Gold ooptoegangtydskrifte en die Hindawi tydskrifte ingesluit word.


Hierdie uitgewers bied afslag op ooptoegangpublikasiefooie:

MDPI
Korresponderende US-outeurs wat by MDPI publiseer, sal 'n afslag van 10% op die publikasiekoste kry.

Royal Society of Chemistry
US-outeurs kry 15% afslag op RSC se ooptoegangpublikasiekoste. Die eerste vier artikels wat per jaar deur enige US-outeur by RSC ingedien word, sal gratis gepubliseer word.

Springer Nature
Outeurs wat artikels onder US-affiliasie indien, kry 15% afslag op BMC, Springer Open en Palgrave Macmillan Open se publikasiefooie

Raadpleeg asseblief die biblioteekgids by https://libguides.sun.ac.za/OApublishing vir meer inligting oor die uitgewers en vir die titels wat kwalifiseer vir ooptoegangpublikasie. Kontak gerus ook jou fakulteitsbibliotekaris of vir Caretha Nel by caretha@sun.ac.za of 021 808 4433.

 

1 Desember 2022​