Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Belangrike kennisgewing: Desember 2022-gradeplegtighede

Beste Matie-graduandus

Ons sien uit daarna om in Desember 2022 jou akademiese prestasies saam met jou te vier by jou gradeplegtigheid.

Soos vroeër gekommunikeer, vind die Desember-gradeweek van Maandag 5 Desember tot Vrydag 9 Desember 2022 by die Coetzenburg-sentrum op die Coetzenburg-sportterrein plaas. Klik hier vir toegang tot die gradeplegtigheidsrooster en groepindelings.

AANKOMSTYD

Wees asseblief 30 minute voor die aanvang van die gradeplegtigheid by die lokaal en beweeg direk na jou toegekende sitplek. Jou sitpleknommer word op jou toegangskaartjie aangedui. Indien jy laat by die lokaal aankom nadat die plegtigheid reeds begin het, sal ons jou nie kan toelaat nie en sal jy jou graad in absentia ontvang.

TOEGANGSKAARTJIES

Die populasiesertifikaat van die lokaal (wat volgens wet vereis word) beperk die aantal mense wat in enige stadium in die sentrum mag wees. Die US is dus verplig om 'n sekere aantal toegangskaartjies per graduandus uit te reik:

Daarom mag elke graduandus tot op magistervlak twee (2) gaste en elke doktorale kandidaat drie (3) gaste nooi. Ongelukkig is daar geen bykomende kaartjies beskikbaar nie.

Jou en jou gaste se toegangskaartjies Donderdag 1 Desember 2022 per e-pos aan jou gestuur word. Gaan asseblief jou amptelike @sun-studente-e-pos na, en kyk ook in jou rommelpos. Die kaartjies sal van 'n Quicket-adres af kom.

Familie en vriende wat nie die geleentheid kan bywoon nie, kan die plegtigheid ook aanlyn by https://www.sun.ac.za/afrikaans/Pages/Streaming.aspx volg.

Maak 'n drukstuk van die kaartjies of stoor dit op 'n selfoon, en wees asseblief gereed om dit by die deur te toon. Nie jy of jou gaste sal in die lokaal toegelaat word sonder 'n toegangskaartjie nie.

OORLOOPLOKAAL

Weens die lokaal se populasiekapasiteit sal gaste wat sonder 'n toegangskaartjie by die Coetzenburg-sentrum opdaag, in twee oorlooplokale in die Sportwetenskapgebou geakkommodeer word waar hulle die gradeplegtigheid aanlyn via 'n regstreekse stroomuitsending sal kan volg.

AKADEMIESE DRAG

Akademiese drag kan op die kampus gehuur of gekoop word vir foto's en privaat geleenthede vir alle huidige en vorige gradeplegtighede. Klik hier vir die vorm en om meer te lees oor die verhuringsproses, koste en verhuringsvorm.

Dippenaar & Reinecke is van Vrydag, 2 Desember tot Vrydag, 8 Desember 2022 by die atletiek-verversingskiosk (langs die Coetzenburg-atletiekstadion). Alle drag moet by hierdie lokaal afgehaal en terugbesorg word gedurende die tye hieronder aangedui. Klik hier om te sien waar die lokaal geleë is.

 

Verhuringsdatums en -tye

  • Vrydag 2 Desember 2022 09:00–15:00
  • Saterdag 3 Desember 2022 09:00– 13:00
  • Maandag 5 Desember 2022 07:00–19:00
  • Dinsdag 6 Desember 2022 07:00–19:00
  • Woensdag 7 Desember 2022 07:00–19:00
  • Donderdag 8 Desember 2022 07:00–19:00
  • Vrydag 9 Desember 2022 09:00–17:00

 

Kontakbesonderhede

Tel: 012 343 2945/7

Faks: 012 343 2559

E-pos: admin@diprei.com

UITSTAANDE GELDE

Indien jou studentegeld uitstaande is, sal die koker wat jy by die plegtigheid ontvang, nie jou amptelike gradueringsdokumente bevat nie, maar 'n rekening vir die uitstaande bedrag en 'n brief wat versoek dat dit betaal word.

Besoek asseblief die gradeplegtigheid-webblad vir bykomende inligting hieroor.

GRADUERINGSDOKUMENTE  

Die toepaslike gradueringsdokumente (graadsertifikaat en akademiese rekord) sal na afloop van die gradeplegtighede en nadat die uitstaande gelde vereffen is, gepos word na jou posadres wat op die Universiteit se stelsel verskyn. Die dokumente kan ook afgehaal word (ook deur 'n derde party). Gegradueerdes moet hier klik vir die afhaal van dokumente deur 'n derde party. 

UITWERKING VAN BEURTKRAG OP GEDRUKTE GRADEBOEKIE MET PROGRA

Weens die negatiewe uitwerking van beurtkrag, is daar 'n moontlikheid dat ons nie die gedrukte gradeboekies (program) by die gradeplegtighede in Desember 2022 beskikbaar sal hê nie. Ons bevestig egter dat die e-publikasies (aanlyn weergawes) betyds gereed sal wees vir die plegtighede.

Ons hou die situasie fyn dop en doen alles in ons vermoë om te voorkom dat dit gebeur. Indien ons nie in staat is om die gedrukte boekies vir die plegtighede gereed te hê nie, sal ons verseker dat jy 'n eksemplaar van die gedrukte boekie na afloop van gradeweek ontvang. Ons sal jou dadelik inlig oor die toepaslike reëlings sodra ons meer duidelikheid oor die situasie het.

TOEWYDINGSPLEGTIGHEID BY FAKULTEIT GENEESKUNDE EN GESONDHEIDSWETENSKAPPE (FGGW)

Twee toewydingsplegtighede word Maandag 5 Desember in persoon vir die voorgraadse programme van die FGGW op die Tygerberg-kampus gehou. Vir meer inligting oor die toewydingsplegtighede, klik asseblief hier.

Kontakbesonderhede

Wanda de Jager – kantoorkoördineerder in die kantoor van die Adjunk-registrateur (Tygerberg-kampus)

E-pos: tygstudentadmin@sun.ac.za

GRADEFOTO'S

Jy sal die geleentheid gegun word om professionele gradefoto's te laat neem. Tree met die Universiteit se amptelike gradefotograwe – tans is dit die Stellenbosch-sentrum vir Fotografiese Dienste (SCPS) – in verbinding om 'n afspraak te reël.

 sal ook vóór en ná die gradeplegtighede in die Sportwetenskap-gebou by Coetzenburg beskikbaar wees om foto's te neem.

  • Tel: 021 808 3073 / 9260
  • E-pos: pacj@sun.ac.za OF orders@scpsphoto.com
  • Ons wens jou 'n vreugdevolle gradedag toe!​


Vriendelike groete​
Dr Ronel Retief

Registrateur