Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Regter Edwin Cameron Versameling

Die Biblioteek- en Inligtingsdiens het in 2021 die versameling van oudregter Edwin Cameron ontvang. Die versameling word as deel van Spesiale Versamelings in die Biblioteek gehuisves en is nou gereed vir gebruik deur navorsers.

Regter Cameron is in 2020 as Kanselier van Universiteit Stellenbosch aangestel. Edwin Cameron SCOB, in Pretoria gebore op 15 Februarie 1953, is 'n voormalige regter wat as regter van die Konstitusionele Hof van Suid-Afrika gedien het en vanaf 1 Januarie 2020 deur President Ramaphosa as inspekterende regter vir korrektiewe dienste aangestel is. Hy is bekend vir sy MIV- en gay-aktivisme.

Cameron se vroeë loopbaan het die akademie en regspraktyk gekombineer. Hy het van 1983 tot 1994 by die Johannesburgse Balie gepraktiseer en van 1986 was hy 'n menseregteprokureur by Wits se Sentrum vir Toegepaste Regstudie waar 'n professoraat in die regte in 1989 aan hom toegeken is. Sy praktyk het arbeidswet, die verdediging van ANC vegters wat van verraad aangekla is, gewetens- en godsdiensbeswaar, grondbesit en gedwonge verskuiwings, en gaygelykheid ingesluit.

Regter Cameron is 'n alumnus van Universiteit Stellenbosch en in sy aanvaardingstoespraak het hy die volgende gesê: “The joy of being associated with the University that is so clearly on the way up – up in intellectual output, up in teaching skills, up in research and scholarly publications, up in international renown, up even (though this counts the least) in international ranking. Joy particularly in being able to preside over quite a number of graduation ceremonies over the last two and a half years. It has been an honour to confer degrees and witness elated students graduating, some the first in their families to attend a tertiary institution" (Cameron, 2022).

Die Cameron versameling pryk langs ander versamelings van US Kanseliers soos Frederik van Zyl Slabbert. Die versameling is gesorteer en geïndekseer en 'n inventaris is hier beskikbaar. Die versameling bevat publikasies en toesprake deur Cameron sowel as materiaal oor sy vrywillige gemeenskapsdiens. Dit bevat ook materiaal rakende sy loopbaan en jare as Regter van die Konstitusionele Hof van Suid-Afrika. Ons nooi studente, navorsers en lede van die publiek uit om hierdie unieke versameling, wat op 6 Desember vanjaar bekendgestel word, te besigtig.

Vir navrae oor die versameling, kontak asseblief me Marieta Buys, Hoof: Spesiale Versamelings (hmbuys@sun.ac.za).

 

Bibliografie:

Cameron, E. 2022. Stellenbosch University deserves to be free from hate and degradation. News24. [Online]. Available from https://www.news24.com/news24/opinions/columnists/guestcolumn/edwin-cameron-our-dignity-demands-we-have-capable-institutions-and-a-capable-government-20220518.