Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Loopbaanadvies

Help jou kind om hulle volle potensiaal te bereik en 'n voorsprong vir die toekoms te kry. Beplan vooraf! Bespreek 'n loopbaanadvies- of vakkeusevoorligtingsessie by ons.

Wie kan van hierdie loopbaanadvies- en vakkeusevoorligtingsdiens gebruik maak?
Hierdie diens is beskikbaar vir graad 9- tot 12-leerders, asook diegene wat reeds matriek voltooi het en jonger as 21 is.

Wat behels hierdie diens?
'n Assessering bestaan uit 'n vieruur- psigometriese assessering van persoonlikheid, aanleg en belangstelling en 'n eenuur- individuele terugvoersessie. 'n Verslag van die resultate en aanbevelings word binne twee weke na die assessering per e-pos gestuur.

Aanbevelings word op grond van die kliënt se unieke profiel gemaak en kan dus programme by 'n verskeidenheid hoëronderwysinstellings insluit. Hierdie geleentheid word aan alle voornemende studente gebied en nie net aan diegene wat aan die Universiteit Stellenbosch wil studeer nie.

Hierdie psigometriese assesserings word aanlyn en op kampus aangebied. Die proses vir 'n aanlyn assessering is dieselfde as vir 'n kantoorafspraak, behalwe dat ons die MS Teams-platform en die aanlyn weergawes van al die psigometriese instrumente gebruik.

Vir meer inligting en besprekings: 
csr@sun.ac.za | 021 808 4709