Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Julle het gepraat! – Ons tree op! Biblioteekopname 2021

​Indien jy een van die 1 147 kliënte was wat verlede jaar gepraat het deur die Biblioteek se biblioteekopname te voltooi, het jy dit vir die Biblioteek moontlik gemaak om vas te stel waar ons goed doen, maar ook waar ons moet verbeter. Hier onder gee ons terugvoer en dui aan wat ons gaan doen in antwoord op wat jy gesê het.

1. IT
Julle het gesê…Ons tree op…
Voorsien hulpmiddels wat maklik is om te gebruik en wat my bemagtig om dinge self te vind
  • Die Biblioteek is besig om video-tutoriale en nog kursusse op SUNLearn te ontwikkel
Maak dit maklik om inligting op die Biblioteek se webblad te vind
  • Die Biblioteek het interimveranderinge op die webblad aangebring
  • Ons ondersoek ook die herontwerp van 'n kliëntgefokusde webblad met beter navigasie
Maak dit vir my maklik om self inligting op te spoor en gebruik
  • Die videotutoriale en die verbeterde Biblioteekwebblad sal dit vir jou maklik maak om self toegang tot inligting te kry

Maak dit maklik om my toestelle (skootrekenaar, slimfoon en tablet) te gebruik om van buite die kampus toegang tot die Biblioteek se e-bronne en dienste te verkry

 

  • Die Biblioteek is besig om videos te ontwikkel wat jou sal wys hoe om van jou toestelle toegang tot bronne te kry
  • Die Biblioteek het inligting oor hoe om toestelle te gebruik om toegang tot e-bronne te kry bygevoeg by die webinaar Off-campus access to Library E-resources (#SmartStudent werksessie) sowel as by die opleidingsessies vir voor- en nagraadse studente
  • Laat weet ons gerus indien daar nog enige uitdagings is en ons sal met graagte daaraan aandag gee
2. Versamelings en inligtingshulpbronne
Julle het gesê…Ons tree op…
Verbeter die gedrukte en elektroniese tydskrifversamelings wat ek vir my werk benodig
  • Ons sal volhou om aktief te onderhandel en beding vir bykomende befondsing om gedrukte en elektroniese tydskrifversamelings wat vir leer, onderrig en navorsing benodig word, te kan uitbrei
  • Die Biblioteek sal ook volhou om julle (ons kliënte) te betrek by die aanwending van ons materiaalbegroting en sal jaarliks die nodige inligting aan fakulteite stuur. Fakulteite word ook die geleentheid gegee om hul tydskriftitels te hersien
​3. Navorsingsteun
Julle het gesê…Ons tree op…
Verbeter navorsingsteun (bv hulp met die bestuur van my verwysings, navorsingsdata, ooptoegangpublisering en om tred te hou met my navorsingsimpak)