Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Instandhoudingswerk by die Africana-kamer in Spesiale Versamelings, US Biblioteek

​Let asseblief daarop dat dringende instandhoudingswerk binnekort in die Africana-kamer van die Universiteit Stellenbosch Biblioteek se Spesiale Versamelings begin.

Dit sal beteken dat die boeke in Africana van 13 Julie tot ongeveer die einde van September 2022 nie toeganklik sal wees nie. Indien jy bronne benodig wat slegs in die Africana-afdeling gehuisves word (raknommer voorafgegaan deur E), stuur asb die inligting van die boek voor Woensdag 14 Julie 2022 aan jsgspes@sun.ac.za.

Die ander afdelings van die US Biblioteek se Spesiale Versamelings word nie geraak nie en bly toeganklik.

Jy kan Spesiale Versamelings se biblioteekgids (https://libguides.sun.ac.za/special_collection) of Facebook- en Twitter-blaaie raadpleeg vir die nuutste inligting.

Baie dankie vir jou begrip. Ons vra verskoning vir enige ongerief.