Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
SPESIALE AANBIEDING: Loopbaanadvies vir voornemende studente

Kry ʼn voorsprong deur ʼn loopbaanadvies- of vakkeuse-assessering by ons te bespreek — aanlyn of op kampus beskikbaar.

Wie kan van die loopbaan- en vakkeusevoorligtingsdiens gebruik maak?
Hierdie diens word vir graad 9- tot 12-leerders sowel as skoolverlaters jonger as 21 aangebied.

Wat behels die diens?
ʼn Assessering sluit ʼn 4-uurlange psigometriese assessering van persoonlikheid, aanleg en belangstellings asook ʼn 1-uurlange individuele terugvoersessie in. 'n Verslag met die resultate en aanbevelings sal binne twee weke na die assessering per e-pos aan jou gestuur word.

Aanbevelings word op grond van die kliënt se unieke profiel gemaak en kan dus programme aan ʼn verskeidenheid van hoëronderwysinstellings insluit. Hierdie geleentheid word dus aan alle voornemende studente gebied en nie slegs aan diegene wat aan die Universiteit Stellenbosch wil studeer nie.

Die psigometriese assesserings word aanlyn sowel as in persoon op kampus aangebied. Die proses vir 'n aanlyn assessering is dieselfde as vir 'n kantoorafspraak, behalwe dat ons gebruik maak van die MS Teams platform. Ons gebruik die aanlyn weergawes van al die psigometriese instrumente.

Tarief:
Maandag tot Vrydag: R 2 050 per kliënt (normale tarief R 2 500) (​slegs vir assesserings wat in Mei plaasvind)
Saterdag: R 2 950 per kliënt (normale tariewe geld)

Vir meer inligting en besprekings: csr@sun.ac.za | 021 808 4709 | https://bit.ly/37gDsI6