Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Weet jy waarheen jou afval gaan?

Sluit by ons aan wanner ons jou die pad wys wat dit van die asblik tot herwinningsaanleg ry.

Om bewustheid te skep oor die Universiteit Stellenbosch se afvalherwinningsproses, en om Wêreldherwinningsdag [18 Maart] te vier, nooi ons jou uit om aan te sluit by een van twee toere wat deur Fasiliteitsbestuur van ons Materiaalherwinningsfasiliteit (MRF) by Welgevallen Proefplaas gereël word.

Bespreek nou, beperkte plek is beskikbaar.

Datums: Donderdag 17 Maart, 11:00-11:45 en Dinsdag 22 Maart, 11:00-11:45

Plek: Ontmoet by ingang na Welgevallen-proefplaas, Coetzenburg

RSVP met die datum van die toer wat jy wil bywoon

clgroenewald@sun.ac.za

Die kampuspendeldiens sal vervoer vanaf die Konservatorium verskaf.​