Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Doen aansoek vir eksamentoesigdiens vir November 2021 eksamens

Aansoekvorms beskikbaar vanaf Woensdag, 08 September 2021

Indien u graag eksamentoesigdiens wil doen tydens die SU-eksamens vanaf Maandag 08 November 2021 tot Saterdag 11 Desember 2021 (volle duurte van eksamenperiode), het u nou geleentheid om aansoek te doen. Eksterne aansoekers (mense buite die Universiteit) sal voorkeur kry.

Neem kennis dat COVID – 19 reëls en regulasies nog steeds van toepassing is.

Aansoeke sluit Donderdag 23 September 2021 om 16:30

Minimum kwalifikasie Matriek.

Vergoeding beloop R250 per eksamensessie/ R300 per ekstra skryftyd eksamensessie vir toesighouers en R350 per eksamensessie/ R400 per ekstra skryftyd eksamensessie vir senior toesighouers. Vergoeding vir alle toesighouding tot 11 Desember 2021 sal einde Januarie 2022 betaal word.

Aansoekvorms is per epos beskikbaar vanaf Woensdag, 08 September 2021. Kontak vir mnr Gary Kirsten by garyk@sun.ac.za om die aansoekvorm per epos vir u aan te stuur.

Aansoekers moet asseblief alle afdelings van die aansoekvorms volledig invul en die ingevulde vorm (saam met enige ander dokumentasie wat vereis mag word) moet weer per epos teruggestuur word aan garyk@sun.ac.za voor óf op die sluitingsdatum (Donderdag, 23 September 2021).

Neem kennis onvolledige vorms en sonder die nodige dokumentasie (waar aangevra word) sal nie oorweeg word nie. 

Kontak mnr Gary Kirsten by 021 808 9367 of garyk@sun.ac.za  vir verdere navrae.​