Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Voltooi die Biblioteek se opname

​Die Biblioteek- en Inligtingsdiens wil graag weet hoe ons jou beter van diens kan wees. Voltooi asseblief ons opname hier.

Die opname duur tot 10 September 2021.

Die doel van die Biblioteekopname is om:

  • uit te vind wat jou siening is oor die gehalte van die biblioteekdienste en -fasiliteite;
  • te verstaan wat jou verwagtinge is sodat ons ons dienste kan verbeter;
  • betekenisvolle vergelykings oor biblioteekdienste nasionaal en internasionaal te kan doen;
  • volgens nasionale standaarde in jou behoeftes as 'n kliënt te kan voldoen; en
  • ons standaard as 'n akademiese biblioteek in ooreenstemming met nasionale norme te verbeter.

Neem asseblief deel aan jou Biblioteek se opname sodat ons jou beter van diens kan wees.

Jy staan 'n kans om 'n prys in 'n gelukstrekking te wen indien jy jou e-posadres aan die einde van die opname verskaf.